Geen vuurwapenlisensies meer nie

Argieffoto

Gun Free SA, ʼn organisasie wat hulle toespits op ʼn vuurwapenvrye Suid-Afrika, het versoek dat ʼn onmiddellike moratorium geplaas moet word op die uitreik van alle vuurwapenlisensies, -permitte, en –sertifikate.

“Dit sal ondersoekbeamptes die geleentheid bied om die omvang van bedrog en korrupsie deur vuurwapenhandelaars, opleidinginstansies en die polisie te ondersoek,” het Claire Taylor, woordvoerder vir die organisasie, gesê. “Sodoende kan die nodige stappe teen oortreders gedoen word.”

Gun Free SA verwelkom ʼn Kommissie van Ondersoek deur die minister van polisie. “Onlangse bewerings dui daarop dat daar nie beheer uitgeoefen word oor vuurwapens nie,” het Taylor bygevoeg. “Daar is ʼn ondersoek van stapel gestuur oor een van Suid-Afrika se grootste vuurwapenhandelaars nadat ʼn werknemer glo die Valke genader het met bewyse oor beweerde onwettige transaksies, korrupsie, bedrog en die uitvoer van wapens en ammunisie na Rusland, Soedan en Sirië. Vuurwapens word ook vermis uit 13 bewysstore van die polisie en lisensies word uitgereik aan mense met ʼn geskiedenis van gewelddadige optrede.”

Volgens Gun Free SA is ʼn onmiddellike moratorium op die uitreik van vuurwapenlisensies die enigste stap vorentoe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Elize Beukes ·

En intussen die man op straat met onwettige vuurwapens wat loop en mense moor hoe gaan dit uitgesort word? Daar sal nooit ‘n Gun Free SA wees nie want almal kyk deesdae oor hul skouers net om seker te maak jy is veilig “no matter” waar jy ookal heen gaan nie!

piet ·

CLAIRE TAYLOR WOON BLYKBAAR NIE IN SUID AFRIKA NIE OF SY IS N ANALFABEET. DIT IS NIE DIE MAN OP STRAAT WAT N PROBLEEM IS NIE MAAR DIE MISDADIGERS MET N OORVLOED VAN GESTEELDE WAPENS OF STAATS UITGEREIKTE WAPENS.

Dries ·

Daar’s ‘n gesegde wat my Pa altyd sê:

“If you outlaw guns, only outlaws will have guns”!!!!!!!!

Onder watter klip slaap hierdie Claire Taylor??

Alex ·

Claire Taylor ek stel voor dat jy in die verkeer gaan speel. Die vrou het uitdruklik nie werk vir haar hande nie.

Charles Deale ·

Duidelik was daar nog nie by die vrou ingebreuk en haar familie ingevaar gestel nie.

Louis ·

Al weer die vroumens wat nie weet waaroor die lewe gaan nie!Kan ons nie n gangster kry om haar te gaan skrik maak nie!Shame!sy leef in n droomwereld!

Gerhard ·

Ek sal graag wil weet of Claire en die ander mense van GFSA gewapende wagte het wat hulle oppas. Natuurlik skryf hulle nie daai voorreg aan die res van ons toe nie.

Christine Matthee ·

Nee wat aasof die stop van lisensies die situasie gaan verbeter Nee wat as hul wil moord pleeg en steel en beroof wie gaan dit keer Ag nee wat pleks dat hul liewer kyk na ons land se infrastruktuur en armoede ens

Anton Bosch ·

Sy het seker ook nie gesien wat in Engeland gebeur het nie? Die Engelse is stelselmating ontwapen, selfs messe met lemme langer as 2 duim is onwettig, behalwe in jou kombuis. Dit het veroorsaak dat twee moslem mans onlangs helder oordag, tussen honderde mense, in die straat ‘n soldaat aangeval, vermoor en onthoof het, en sy liggaam tot in die middel van die pad gesleep het. Mense kon net toekyk en die moord afneem, maar niemand kon insoring en helpo nie, WANT NET DIE AANVALLERS WAS GEWAPEN! Hulle het slagtersmesse, ‘meat cleavers’ en vuurwapens by hulle gehad. ‘n Duidelike voorbeeld van die ‘if guns (any weapons) are outlawed, only outlaws will have guns (and other weapons)’!

Derick ·

Dit is freaking hillarious, wat gaan dit help, asb, “Gun Free SA”, wat besef julle nie, die kriminele het ‘n saak oor lisensie of nie, so of julle die uitreik van lisensies gaan stop gaan geen verskil aan die kriminele maak nie, of dink julle hulle gaan dan ook omdat hulle nie lisensies kry nie, die wapens verloor of ingee of weggee of weggooi, julle is kinderagtig. Dit is hartseer om te dink dat daar sulke naiewe mense is wat glo dat dit ‘n stop op enige kriminele aksie gaan bring, asseblief, raak realisties.

piet skiet ·

ek wag vir 3lisensies, en daas groot marrakas as ek hulle nie kry nie

johannr ·

Plaas hully worry oor die onwettige wapens in die hande van kriminele. Die krims gee niks om oor reels en regulasies of mense se lewens nie. Wapens is net ‘n gereedskap stuk, mense maak mene dood. Punt. Tot enige iemand my my veiligheid en die van my familie kan waarborg, het ek die reg om my te bewapen om sodoende myself em my geliefdes te kan beskerm.

Billy ·

Claire Taylor het haar eie agenda……. Ons moet uitvind wat die regtig is….. wie is eintlik hier breindood?

Gawie Botha ·

Hierdie 11 bevolkingsgroepe sonder wapens of vuurwapens,,,,,,,,,daar is nie n manier hoe Suid Afrika dit sal kan bekamp nie,nie met wetgewing,hoe strenger wetgewing op die uitreiking van lisensies,,,,hoe groter mark word daar geskep,vir die aanvraag na ongelisenseerde vuurwapens,,,,en hoe meer werk word geskep vir onwettige vuurwapen handelaars!

Kowie Jacobs ·

Hoeveel jagters beroof huise of highjack voertuie?
Ek dink Claire Taylor moet bietjie begin vertel wat sy van plan is om te doen oor onwettige wapens soos AK-47’s wat daagliks in rooftogte gebruik word. Switzerland het die laagste misdaad syfer in die wereld maar hulle het ook die hoogste hoeveelheid vuurwapens per capita in die wereld.
Dis tyd dat jou ogies oopgaan Claire Taylor – jy is die een wat die hardste veg teen vuurwapens maar sodra ons wapens nodig kry om onsself en jou te beskerm dan is jy die een wat uit jou huis in Canada skree hoe mense in SA vermoor word.

Ek het nog n idee vir Claire Taylor – Baklei bietjie dat net belasting betalers toegelaat word om te stem – dit is n baie beter begin as n Gun Free SA!

anne v zyl ·

Snaaks genoeg is dit vuurwapens wat ingegee is by polisie bewaring wat wegraak en dan gebruik word vir roof en moord daar is slegs n persent gevalle waar n wettige vuurwapen eienaar sy eie vuurwapen gebruik het en dan skuldig bevind is sy moet eerder poog om elke vuurwapen gelisensieer te kry sodat die skuldiges vasgepen kan word daar sal dan minder geweld wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.