Gerugte glo onwaar van groep mans wat 25-jarige man verkrag

Gerugte van ʼn 25-jarige man wat glo deur sewe mans verkrag is, het Donderdag en Vrydag groot reaksie op sosiale media ontlok.

Die gerug lees: “Wit seun (25). Rustenburg vandag naby mooinooi oorrompel toe niks waardevols gevind word toe verkrag al 7 swartes hom. Hy lê nou in ou pkg hospitaal op RTB [sic]” Dié boodskap  is wyd op Facebook en Twitter versprei.

Maroela Media het die provinsiale polisie van Noordwes, die hospitaal en die Rustenburg-polisiestasie geskakel en nie een van die partye is van die voorval bewus nie. Beamptes van die Mooinooi-polisiestasie weet ook nie van die beweerde aanval en verkragting nie.

“As die voorval plaasgevind het, is dit nog nie by die polisie aangemeld nie,” het kapt. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, aan Maroela Media gesê.

Lees ook die opvolgberigte:
Ses soek ná man verkrag is
Man glo wél deur groep mans verkrag

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.