EWN berig dat die premier van Gauteng, Nomvula Mokonyane, beloof het om die gesin geldelik by te staan toe sy hulle kort na die ongeluk besoek het. Ferreira is op Saterdag 5 November op sy motorfiets onderweg na Randfontein deur ʼn wit BMW X5 raakgery. Hy is na die hospitaal geneem met onder meer ’n gebreekte arm en been, verskeie gesigfrakture en swelling en bloeding op die brein. Ferreira sê hulle is bekommerd oor hoe hulle Thomas se stygende mediese kostes gaan betaal. Ferreira se pa, Paul, sê hulle is egter bly dat dit beter gaan met Thomas. “Sy oë is helder en sy hande en bene aan die regterkant beweeg ʼn bietjie. Ons het ook agtergekom dat sy oë mens partykeer volg.”
Lees meer hier.