Helpende Hand wys “Gesigte van armoede”

Argieffoto

Argieffoto

Armoede lyk nie vir almal dieselfde nie. Mense wat self in armoede vasgevang is, ervaar dit as ʼn tekort aan verskeie tasbare dinge. Mense wat op ʼn afstand met armoede werk, beskou dit as ʼn verlies van hoop en moedeloosheid, terwyl akademici armoede met tegniese terme soos “absoluut” en “relatief” omskryf.

Solidariteit Helpende Hand het navorsing gedoen oor die verskillende gesigte van armoede, juis om dit beter te verstaan en beter oplossings vir die bekamping daarvan te vind. Dié navorsing word Vrydag tydens Helpende Hand se tweejaarlikse kongres by Klein Kariba in Bela-Bela, Noordwes, bekendgestel.

Die verslag ondersoek hoe armoede vir verskillende mense lyk, hoekom mense in armoede verval en daar bly en wat die oplossings vir die bekamping van armoede is. Die Gesigte van armoede-verslag vra mense om vir ʼn ruk in iemand anders se skoene te staan om hulle lewens beter te verstaan. Die kongresgangers word derhalwe aangemoedig om skoene aan Helpende Hand te skenk. Dié skoene sal aan weerlose lede van die Limpopo-gemeenskap geskenk word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Trippie ·

Die uitkoms na die kongres word afgewag.

***

Ek wonder waarom juis Lim-Paw-Paw … ek is jammer, daar is genoeg hulpbehoewende Blankes, en dis aan hulle wat ek skoene sal skenk – met ‘n liefdevolle hart.

Liefdegroete
Trippie

Juanita du Preez ·

Trippie, daar is beslis ook hulpbehoewende blankes in Limpopo en die skoene word juis vir die weerlose mense, soos kinders en bejaardes, in daai provinsie geskenk.

Willy ·

Onthou Helpende Hand dat dit nie net fisiese armoede is nie maar geestelike armoede ook. Baie, ek inkluis (wat ‘n groot fout is) konsentreer meer op die fisiese as die geestelike armoede. Anderdag met ‘n tannie wat woonagtig is in ‘n ouetehuis, gesels. Sy het drie kinders en vyf jaar gelede het hulle ‘n besoek kom aflê. Dis toe sy ingetrek het.

vuurvreter ·

Ek sal skenk as ek weet dis vir blankes. Hoekom moet ek vir hulle vet voer dat hulle verder kan steel roof verkrag en moor.

JAVR ·

Helpende hande help net blankes. Waar kan ek skoene heen stuur in Kempton Park? Ek het taamlik om te skenk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.