Hiasinte bedreig moontlik Dusi-wedvaart

Die organiseerders van die jaarlikse Dusi-kanomarathon jaag om die rivier skoon te kry voor die aanvangs van volgende maand se wedvaart in KwaZulu-Natal.

Cameron McKenzie, voorsitter van die organiserende komitee, het Maandag gesê dat die rivier oortrek is van hiasinte en dit kan die drie dae wedvaart belemmer. “Ons het ʼn geweldige uitdaging om teen 16 Februarie hierdie groot blokke uitheemse onkruid uit te roei,” het McKenzie gesê. “Ons sal vroeg volgende week ook van helikopters gebruik maak om die rivier met onkruiddoder te sproei en ons hoop dat die rivier dan skoon genoeg sal wees vir die roeiers.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.