Hoofbeskuldigde in Delhi-verkragtingsaak dood gevind

Die tronk waar Singh selfmoord gepleeg het. Die foto is deur @BBCSanjoyM op Twitter gelaai.

Die hoofverdagte in die saak waarin ʼn 23-jarige mediese student wreed in ’n bus in Nieu-Delhi deur ses mans verkrag is, is dood gevind.

Die 23-jarige mediese student is kort na die bendeverkragting oorlede. Ram Singh, een van die ses beskuldigdes in die saak wat wêreldwyd opslae gemaak het, het homself Maandag in sy tronksel gehang. “Hy het al sy klere aan mekaar vasgemaak en dit aan ʼn pyp teen die plafon vasgemaak en van ʼn houtstoel gespring,” het Sunil Gupta, woordvoerder van die tronk, gesê. Die verkragtingslagoffer se pa sê dit is duidelik dat die polisie nalatig was en dat die familie geregtigheid ontsê is. “Ek wou net geregtigheid vir my dogter gehad het. Die hoofbeskuldigde is nou dood. Miskien is dit skuldgevoelens wat hom doodgemaak het?” het die verkragtingslagoffer se ma gesê. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.