JacarandaFM-liedjie samel duisende vir Joost in

Joost van der Westhuizen. Foto: rugby365.com

Die gewilde Gautengse radiostasie, JacarandaFM, het reeds R54 000 ingesamel met ‘n liedjie wat hulle spesiaal vir Joost van der Westhuizen opgeneem het. Dié fondse word ingesamel om die oud-Blou Bul te help om die kostes te dek van die duur medikasie wat hy vir sy verlammende motorneuron-siekte (MNS) moet neem.

JacarandaFM se middagprogram, die Martin Bester Drive, het onlangs spesiaal die liedjie “Nommer 9”, wat deur die bekende Kaptein Skuim van dié stasie gesing word, opgeneem. Die liedjie kan elektronies afgelaai word.

Volgens ʼn gesinslid van Joost ontvang hy tans pioniersbehandeling en -medikasie vanuit Brittanje om die MNS te behandel. Die medikasie is egter baie duur en word nie deur ʼn mediese fonds gedek nie, en dit plaas groot finansiële druk op die gesin.

Mense wat ʼn bydrae wil lewer tot die projek, kan die liedjie op hul selfone aflaai deur die woord “Joost” te SMS na 33333. Terme en voorwaardes geld. Die liedjie kos R14.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.