‘n Gewapende man het Sondag ‘n uitstalling by Cannes in die Franse Riviera van juwele ter waarde van €40 miljoen (sowat R520 miljoen) beroof.
Owerhede sê die rooftog het helder oordag by die Carlton-hotel op die promenade in Cannes plaasgevind. Cannes is veral bekend vir sy jaarlikse rolprentfees.
Bestuur van die hotel wou nie aan AFP kommentaar lewer nie.
Tydens die rolprentfees in Mei het diewe met juwele ter waarde van sowat $1.4 miljoen (byna R140 miljoen) weggekom. Dié juwele sou aan filmsterre geleen word en was in een van die kamers van ‘n plaaslike hotel se kluis toegesluit.
Lees ook:
Miljoene rande se juwele by Cannes-filmfees gesteel