Die departement van maatskaplike dienste het 16 kinders, wat in tronke oorsee gebore is, na Suid-Afrika laat terugkeer, het die departement Sondag gesê.
Lees meerAlles vir Sondag 28 Julie 2013
54 beseer in kettingbotsing
Een persoon is dood en 54 mense beseer nadat 16 voertuie Sondag in ‘n kettingbotsing naby Bronkhorstspruit in Gauteng betrokke was.
Juwele van R520 miljoen gesteel
‘n Gewapende man het Sondag ‘n uitstalling by Cannes in die Franse Riviera van juwele ter waarde van €40 miljoen (sowat R520 miljoen) beroof.
Video: Mandela het glo operasie ondergaan
Voormalige president Nelson Mandela het onlangs ‘n sjirurgiese prosedure ondergaan, berig die televisienetwerk CBS in Amerika.
Skuld van R320 eis 11 lewens
Elf mense is in ‘n versorgingsoord in China dood nadat ‘n rusie oor sowat R320 daartoe gelei het dat een van die inwoners die gebou aan die brand gesteek het.
Marikana se vermiste miljoene word ondersoek
Drie ondersoeke in Noordwes kan moontlik aan die lig bring dat miljoene in myntantieme, wat aan die gemeenskap naby Marikana betaal moes word, verduister is.
1 448 polisielede het self al misdade gepleeg
‘n Oudit het bekend gemaak dat 1 448 polisiebeamptes al self misdade gepleeg het, het die ministerie van polisie Sondag gesê.
Malema sê ‘n groep Indiërs en Afrikaners is teen hom
Julius Malema, leier van die Economic Freedom Fighters (EFF) voer aan die belastingsaak teen hom is ‘n polities gemotiveerde sameswering van ‘n groep Indiërs wat kop in een mus is met Afrikaners.
Pakslae by die huis binnekort onwettig
‘n Nuwe wet word opgestel wat dit onwettig gaan maak vir ouers om hul kinders by die huis pakslae te gee, berig die Sunday Times.
Tsvangirai waarsku Mugabe om nie stemme te “steel” nie
Morgan Tsvangirai, eerste minister van Zimbabwe, het Saterdag president Robert Mugabe gewaarsku om nie stemme tydens volgende week se verkiesing te “steel” nie, sodat sy veteraan mededinger die amp “met waardigheid” kan verlaat.
Voornemende bruid dood, strooijonker vermis ná boot-ongeluk
Die liggaam van Lindsey Stewart, ‘n voornemende bruid, is in die water opgespoor nadat sy en ‘n strooijonker vermis geraak het toe hul boot Vrydagaand op die Hudson-rivier in New York, Amerika, teen ‘n vragskip gebots het.
Verbode rolprent kan nou gewys word
‘n Suid-Afrikaanse sensuur-appèltribunaal het Saterdag ‘n verbod op ‘n rolprent gelig, wat as “kinderpornografie” verbied is weens ‘n sekstoneel tussen ‘n onderwyser en ‘n skolier.
Verkragting-skandaal: Vavi se klaagster verduidelik wat het gebeur
‘n Vrou wat Zwelinzima Vavi, uitvoerende hoof van Cosatu, glo aangekla het dat hy haar verkrag het, het ‘n ope brief aan die Sunday Times geskryf oor haar ontmoeting met hom.