ʼn Man van Kenia is lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op ʼn 86-jarige Suid-Afrikaner van KwaZulu-Natal in 2010.
“Ismail Juma (20) is Woensdag lewenslange tronkstraf (25 jaar) opgelê vir die moord op Ramsacal Bagrathic met ʼn bykomende 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, Vrydag gesê. Hy sal altesaam 40 jaar in die tronk spandeer.
Bagrathic se liggaam is in Oktober 2010 by sy huis in School Cicle, Park Rynie, opgespoor. Hy is met ʼn kussing versmoor en sy huis is beroof.
Juma is later in Durban in hegtenis geneem. Die saak is ʼn paar keer uitgestel. “Ek is verlig dat die saak afgehandel is en is tevrede met die uitspraak en vonnis,” het die ondersoekbeampte Yugen Moodley gesê. –SAPA