Kiwi-media het mes vir Foster in

Die All Blacks se Ian Foster. Foto: Marty Melville/AFP.

Ondanks Ian Foster se versekering dat die All Blacks ’n tree in die regte rigting teen die Springbokke gegee het, eis die Nieu-Seelandse media die beleërde afrigter se kop.

“As die krake in die All Blacks se mondering teen Ierland begin wys het, dan het Suid-Afrika dit heeltemal gebreek,” het Gregor Paul in die New Zealand Herald geskryf.

“Niks wat nou gebeur sal enigiemand in Nieu-Seeland – en veral diegene wat iets van rugby weet – oortuig dat die All Blacks op ’n wonderbaarlike wyse sal verbeter nie. Dit is tyd om die herstelknoppie te druk.”

Die Springbokke het die Kiwi’s met 16 punte op die Mbombela-stadion getroef. Dit was die Suid-Afrikaners se grootste oorwinning in jare teen hul aartsvyande en hulle was beslis die beter span in die Laeveld.

Dit was terselfdertyd die All Blacks se negende nederlaag in 25 toetse onder Foster se afrigterleiding. Om dinge in perspektief te plaas: Die legendariese Steve Hansen het net tien van sy 107 wedstryde aan die stuur van die span verloor.

“Dit was ’n verbetering op ons vertoning in ons laaste reeks,” het Foster egter ná die Mbombela-wedstryd gesê.

“Ons lynstane het goed gewerk, terwyl ons ook die Springbokke se rolmaalbewegings kon stuit. Ek dink ons het met ’n stewige verdedigingspoging vorendag gekom, maar ons tydsberekening op die aanval was ’n bietjie uit.”

Maar volgens Paul is dit tyd om die Crusaders se Scott Robertson nader te trek.

“Bel vir Robertson en sê vir hom om sy eie assistente te kies. Dringende optrede is nodig om die All Blacks se nalatenskap te red,” het die Nieu-Seelandse joernalis geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

MakersMark ·

Lyk nie of Foster al wakker geword uit die slaap waarin hy verval het agv die bokke se spelpatroon waarmee hul die B&IL geklop het nie…..as hy wakker word sal hy oplet dis baie dieselfde patroon wat die bokke gebruik het om sy span te domineer……

Republikein in die Wes Kaap ·

Hy sal moet gaan soek vir ‘n Colin Meads, Sean Fitzpatrick, Zinzan Brooke, Andy Haydn, WayneShelford, Ian Jones, Kanue en baie ander.

Niklaas ·

Die arme man , Foster kan nou ook niks reg doen nie . Daar bestaan ‘n goeie kans dat die AB ‘ s op Ellispark weer pakslae gan kry. Dan sal mens die klaagliedere , gesanik en snikke in NZ moet hoor en koppe sal rol soos pampoene.

Snuffelgids ·

Toe NZ aangedring het dat SA spanne uit super rugby geskop word, toe was daar gesê dit gaan NZ rugby seer maak…en nou? Coincidence? I think not…the chickens have come home to roost.

Snuffelgids ·

As dit n boksgeveg was, sou mens die wit handoek gesien het wat ingegooi word…veral op die einde na n Paar groot eina duikslae. Lekker Bokke, ons is trots op julle

Scholtz ·

Hierdie is deel van die natuurlike kringloop, wat fases van op en van af insluit. Dis soos herfs, wanneer die blare afval, net om in die lente weer uit te kom. Kort voor lank is die fase oor en verby en dan is hulle weer bo en dan is dit weer ‘n ander span of spanne se “beurt” om in die affase te wees.

twaalfboor ·

Kringloop of nie…..die All Blacks is altyd grootbek. Nou dat hulle soos afkop hoenders rondskarrel op ñ veld is hul boos vir al wat ñ rugby unie is. Swak verloorders…….. nog ALTYD gewees.

Republikein in die Wes Kaap ·

Laat die afrigter toe om hul buitelands gebaseerde spelers te kies. Meer as die helfte van die bokke speel in die buiteland.

Snuffelgids ·

Daai span op papier is fanatsties…daar is nie een buitelandse speler wat eers die groep sal maak nie.

JohanR ·

Dit is defnetief die swakste All Black span in jare. Seker terug in NZ is daar wat beter is, en kan vervang? Hulle het tyd voor die wereld beker. Jy kon Saterdag hier en daar briljant tyd sien maar die Bokke het hulle in die skrums verwoes. Einde jaar speel ons teen Ierland en Frankryk, soe dit gaan goed wees om ons teen die 1st en 2de beste in dei wereld te meet.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis hul beste props en slotte. Hulle het wel beter senters. Kees Lensing of Proutfoot kan hulle leer skrum.

Riaan ·

Dit is maar hoe ons gevoel het toe Allister Coetzee die bokke beet gehad het

Republikein in die Wes Kaap ·

Die vertonings van die ABs was nog altyd ‘n refleksie van die stand van die nasie. Onder nanny Jacinda word hulle sag. Nagevolge van Covid tref hulle nou.

Republikein in die Wes Kaap ·

Luister maar na Sir John se uitsprake.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.