Koei kalf 1…2…3…4!

cow-stork’n Veearts wat verwag het om ’n Kubaanse suiwelboer se koei te help met die geboorte van ’n tweede kalfie, was uit die veld geslaan toe daar ná die tweede nóg twee hul opwagting maak.

Dr Andres Rodriguez is die veearts in Picadura, sowat 70 km oos van Havana in Kuba. Hy sê toe hy by die driejarige koei, Aleli, aankom, het sy reeds een kalfie gehad. Ná die tweede kalf was hy verbaas toe ’n derde sy opwagting maak en geskok toe die vierde gebore is. Drie van die kalfies is bulletjies en een is dubbelslagtig.

Volgens kenners in Amerika en Europa is die kans dat ’n koei vier lewendige kalfies in die wêreld te bring een uit 11 miljoen geboortes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mev le Roux ·

Wat van n foto van die koei met haar vier kalfies! Dis iets bitterlik uniek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.