Die dodetal in Kenia, waar ’n mini-oorlog by die Westgate-winkelsentrum in Nairobi uitgebreek het, het volgens die Keniaanse Rooikruis reeds 30 bereik, maar die regering het nog net 11 sterftes bevestig.
Lees meerAlles vir Saterdag 21 September 2013
Nairobi-winkelsentrumskietery: Weermag gryp in
Die weermag ondersteun die Nairobiese polisie om die aanval deur minstens vyf gewapende mans by die Westgate-winkelsentrum te beëindig.
Minstens vyftien dood in Nairobi-winkelsentrumskietery
Die Westgate-winkelsentrum in Nairobi, Kenia het vanoggend in ’n slagveld verander toe minstens vyf onbekende, gewapende mans die winkel ingestorm en links en regs begin skiet het.
Sirië-wapenvernietigingsplan onderweg
Tegniese kenners van die Organisasie vir die Verbod op Chemiese Wapens (OPCW) sal vandag nog ’n onthulling van Sirië oor sy chemiese wapenprogram in oënskou neem.
Groot diefstalsaak het moontlik ’n Gupta-skakel
Die polisie het ’n luukse huis in Umhlanga Rocks, noord van Durban, wat aan die Gupta-familie behoort, gefynkam op soek na gesteelde rekenaarvoorraad, het The Star Vrydag berig.
Olifant-vergiftiging in Zim vandag ondersoek
’n Span kenners van regoor Zimbabwe sal vandag die Hwange-natuurreservaat besoek om te bepaal of nóg diere deur sianiedvergiftiging bedreig word. Dit volg nadat 64 olifante en verskeie roof- en aasdiere in die park weens sianiedvergiftiging gevrek het.
Hartverskeurende opskorting van Koreaanse familie-reünie
‘n Handjievol Suid-Koreane wat uitgesien het om binnekort ses dae lank met hul Noord-Koreaanse familie herenig te wees, moes verneem dat Noord-Korea skielik dié seldsame reëling onbepaald opgeskort het.
Man met “suur druiwe” gooi suur in haar skoene
’n Man van Japan wat verlede jaar dodelike waterstofsuur in ’n kollega se skoene gegooi het nadat sy vlerkslepery met haar misluk het, is gister ’n vonnis van sewe jaar opgelê.
Koei kalf 1…2…3…4!
’n Veearts wat verwag het om ’n Kubaanse suiwelboer se koei te help met die geboorte van ’n tweede kalfie, was uit die veld geslaan toe daar ná die tweede een nóg twee hul opwagting maak.
Gedagte vir die dag: Sy het gedoen wat sy kon
Markus 14:8 –Wat sy kon, het sy gedoen. Sy het vooruit al my liggaam gesalf as voorbereiding vir my begrafnis. Op ons lewenspad kom daar…