ʼn Suid-Afrikaanse burger wat in Londen woon se video oor renosterstropery is ʼn treffer op Youtube en het wyd reaksie uitgelok.
Landbouweekblad berig dat Mark Warren se video al meer as 260 000 keer op Youtube gekyk is. Warren sê onder meer in die video dat hy nie kan verstaan hoekom jagters toegelaat kan word om groot bedrae geld te betaal om renosters te jag terwyl die spesie se getalle afneem nie. Die Private Rhino Owners Association (PROA) het egter in antwoord op Warren se video gesê ’n moratorium op die jag van renosters sal nié Suid-Afrika of dié bedreigde spesie se probleme weens stropery oplos nie. Die PROA sê die wettige jag van renosters dra uiteindelik by tot die spesie se voortbestaan.
Lees meer hier.
Waarskuwing: Die video kan sensitiewe kykers ontstel
Die video is deur die gebruiker PharSideUK op Youtube gelaai.