Die gewilde grapjas Leon Schuster is nie dood nie.
Huisgenoot berig dat familie en vriende Schuster van die naweek af oorval met oproepe en boodskappe om seker te maak hy leef nog. Schuster het aan Huisgenoot bevestig dat hy nog springlewendig is. ʼn BBM-boodskap het die naweek die ronde gedoen wat beweer dat Schuster in ʼn motorongeluk dood is. Schuster sê daar is sekere goed waaroor mens eenvoudig nie die gek skeer nie. Volgens die berig was Schuster wel Saterdag “in ʼn klein motorongeluk”. ʼn Vrou het glo agter in sy motor vasgejaag terwyl hy saam met ʼn vriend geëet het.
Lees meer hier.