‘n Musiekvideo van die groep se liedjie Engele sing volg onderaan die berig. Die musiekgroep Adam het Woensdag bekend gemaak dat een van sy lede dié musiekgroep gaan verlaat.
“Joe Foster het die groep na afloop van Skouspel verlaat weens verskeie verskille tussen die lede van die groep,” het Alishia van Deventer, woordvoerder van Starburst Promotions, gesê. “Dit was ‘n gesamentlike besluit van die groep en hulle gaan as vriende uitmekaar.”
Volgens Van Deventer gaan die groep ‘n opwindende tyd binne en sien hulle daarna uit om eersdaags ‘n nuwe lid aan die publiek bekend te stel.
Joe Foster sal binnekort sy toekomsplanne bekend maak.
Dis nou jammer. Hoop die nuwe lid gaan dit baie geniet daar. ADAM is ‘n baie ‘cool’ groep wat lekker musiek maak.