‘n Australiër en drie Tibettane is dood toe hulle teen die hange van Mount Everest deur ‘n sneeustorting oorval is.
Lees meerAlles vir Woensdag 16 Oktober 2013
BFN-seuntjie deur weerlig doodgeslaan
ʼn Seun van Noordhoek in Bloemfontein is Woensdag deur weerlig doodgeslaan.
Man skiet buurvrou per ongeluk deur woonstelvloer
David White (22) van Tennessee in Amerika het per ongeluk sy buurvrou deur die vloer van sy woonstel geskiet.
Foto’s: Restaurant met toilet-tema oopgemaak
Die Magic Restroom Cafe, wat onlangs in Kalifornië oopgemaak het, is Amerika se eerste restaurant met ʼn toilet-tema.
Video: Só hanteer mens ʼn dief in Denemarke
Denemarke is onlangs weer as die gelukkigste land in die wêreld aangewys, en dié land het nou ʼn nuwe manier gekry om diewe aan te spreek.
Parkeerkaartjie vir Hillary Clinton
Hillary Clinton, voormalige Eerste Vrou van Amerika, is Vrydag in Londen vir onwettige parkering beboet terwyl sy ʼn toekenning ontvang het.
Talle SA’ners word vir selfone vermoor
Selfone is ʼn algemene motief vir moord in Suid-Afrika, het ʼn regter van die hooggeregshof Woensdag gesê.
Dwerg van KZN word vermis
Nadia van Wyk (20) is Dinsdag laas by haar huis in Hillary, Durban, gesien.
Steve Hofmeyr by Menseregtekommissie aangekla
Die Menseregtekommissie (MRK) het Woensdag gesê dat daar ʼn klagte teen Steve Hofmeyr, Afrikaanse sanger en aktivis, ingedien is weens opmerkings wat hy tydens 10 Oktober se Red October-veldtog by die Uniegebou gemaak het.
Barkley-Oos-plaasaanval: Nuwe versoeke om plaasmoorde te laat prioritiseer
Die gemeenskap van Barkley-Oos in die Oos-Kaap het die burgerregte-organisasie AfriForum genader om in te gryp nadat ’n bejaarde egpaar Woensdagoggend wreed op hulle plaas in die distrik vermoor is.
Pinetown-ongeluk: Bestuurder se lisensie vervals én hy is onwettig in land
Die hof het vandag gehoor die vragmotorbestuurder wat 24 mense se dood veroorsaak het nadat sy swaarvoertuig teen vier volgelaaide taxi’s en twee voertuie in Pinetown, KwaZulu-Natal gebots het, het ʼn vervalsde openbarevervoerlisensie.
Internasionale woordeboekdag
16 Oktober is Woordeboekdag en dit is ook die dag waarop die Woordeboek van die Afrikaanse Taal jaarliks sy Borg ‘n Woord-projek van stapel stuur.
Nóg twee kleuters in Gauteng vermoor
Twee kleuters is Woensdagoggend in ʼn oop veld in Gauteng dood aangetref skaars ʼn dag nadat twee kleuters in dieselfde provinsie se liggame in ʼn toilethokkie gevind is. ʼn Babaseuntjie se lyk is ook Dinsdagoggend in ʼn asblik in Pretoria in Gauteng opgespoor.
Video: Gauteng kry vierde metroraad
Gauteng sal vanaf 2016 ‘n vierde metroraad bykry.
Foto: Pampoen breek wêreldrekord
‘n Pampoen wat bykans 925 kilogram weeg is ‘n nuwe wêreldrekord, maar die eienaar van ‘n pampoen wat in die knewel se nek blaas, sê hy “het maar net begin”.
Tifoon eis lewens in Japan
Minstens 14 mense is dood en 37 word vermis nadat die tifoon Wipha Japan getref, en die hoofstad Tokio ook erg deurgeloop het.
Joernalis wat Amerikaanse spioenasie oopvlek, verlaat Guardian
Glenn Greenwald, die bobaas ondersoekende joernalis van die Guardian wat die Amerikaanse NSA en die Britse GCHQ se spioenasie op bevriende lande en die publiek oopgevlek het, gaan die koerant nou verlaat.
Lid verlaat Adam-musiekgroep
Die musiekgroep Adam het Woensdag bekend gemaak dat een van sy lede dié musiekgroep gaan verlaat.
Plaasaanval: Bejaardes vermoor, seun kritiek
Dawid en Ralie de Villiers, albei in hul tagtigs, en hul seun Davie (53) is Woensdagoggend op hul plaas in die Oos-Kaap aangeval.
Adam verloor een van sy groeplede
Die musiekgroep Adam het Woensdag bekend gemaak dat een van die lede dié musiekgroep gaan verlaat.