Twee van die ses mans wat skuldig bevind is aan die moord op die Potgieter-gesin van Lindley in die Vrystaat is vandag elk drie lewenslange vonnisse opgelê.
Tshekolo Lelala (19) en Telleko Seekoei (20) is ‘n lewenslange vonnis opgelê vir elk van die Potgieters wat vermoor is. Attie Potgieter, sy vrou Wilna en hul tweejarige dogtertjie Wilmien is in Desember verlede jaar wreed op die plaas Tweefontein vermoor. Een van die Potgieters se werknemers Vusi Khumalo is twee lewenslange vonnise opgelê. Stemmer Mofokeng (23) en Diphapang Motaung (18) is elk tot 30 jaar tronkstraf gevonnis. Klaas Mofokung, wat skuldig bevind is aan roof met verswarende omstadighede is tot sewe jaar tronkstraf gevonnis. Vier van die ses mans is aansoek om verlof tot appél geweier. Mofokung se aansoek om verlof tot appél is toegestaan.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Tronkstraf is nie genoeg nie, al gaan hulle doodgaan in die tronk. Soos die beampte van die NVG gese het: Die doodstraf is meer gepas