Ma, dogter sterf in botsing

ʼn Ma en haar tienerdogter is Maandag dood nadat die motor waarin hulle gery het reg van voor teen ʼn ander motor gebots het in Schoemansville by Hartbeespoortdam, Noordwes.

Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, sê die 14-jarige meisie is op die toneel dood. Haar ma en agt maande oue babasussie is ernstig beseer in die ongeluk. Haar vierjarige boetie is ook beseer. Die ma is op die toneel behandel maar haar toestand het agteruitgegaan en sy is ook op die toneel dood. Die babadogtertjie het kopbeserings opgedoen en is per helikopter na die Unitas-hospitaal in Pretoria geneem. ʼn Vrou en kind wat in die ander motor was is ook beseer en na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.