Die polisie probeer steeds om die identiteit vas te stel van ‘n ma en dogter wat verlede week dood aangetref is in ‘n bad in ‘n hotel in Sandton, Johannesburg.
Die twee is Donderdag ontdek nadat hulle die vorige aand by die hotel ingeboek het, berig EWN. Die ma is vermoedelik in haar 40s en die dogtertjie glo vier jaar oud. “Die polisie weet nie hoe die twee gesterf of waarom hulle gesterf het nie,” het Moses Maphakela, woordvoerder van die polisie, aan EWN gesê. “Ons weet nie wat die motief vir die moord is nie.” Die polisie versoek enigiemand met inligting om met hulle in verbinding te tree.