ʼn 62-jarige vrou en haar twee kinders is in hegtenis geneem naby Witbank in Mpumalanga vir ʼn beweerde komplot om haar man te vermoor.
Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê die vrou, haar seun (25) en dogter (31) is Donderdag in hegtenis geneem terwyl die twee mans wat glo gehuur is om die moord te pleeg Woensdag in hegtenis geneem is. Hlathi sê een van die beweerde sluipmoordenaars het aan die polisie vertel dat sy vuurwapen vasgehaak het toe hulle die slagoffer probeer skiet het. Die sluipmoordenaars het die slagoffer toe met ʼn byl aangeval. Die 59-jarige slagoffer het teruggeveg en die sluipmoordenaars het gevlug. Skote is ook twee weke gelede op die man afgevuur terwyl hy op pad was werk toe. Hlathi sê die vrou, haar kinders en die beweerde sluipmoordenaars sal Maandag in die Mkobola-landdroshof verskyn op aanklagte van sameswering tot moord en poging tot moord.
O gatta patatta !