Ndaba Mandela, een van oudpresident Nelson Mandela se kleinseuns, het gesê Madiba gaan na verwagting “binnekort” ontslaan word.
Ndaba het gesê die familie is dankbaar vir Mandela se lewe en hulle is nog nie gereed om oor sy dood te dink nie, het The Star Vrydag berig.
“Slegs God kan hom wegvat. As familie sal ons sy lewe vier vir so lank as wat hy steeds kan hoor, verstaan wat aan hom gesê word en met ons kan praat,” het hy gesê.
Mandela is op 8 Junie weer in die Medi-Clinic Harthospitaal opgeneem weens ʼn herhalende longkwaal. Ndaba het almal regoor die wêreld bedank wat hul goeie wense aan sy oupa gestuur het.
– Sapa