Malema se rooi barets glo hoog in aanvraag

red-beret-eff-malema-320x320Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV) kan glo nie voorbly met die aanvraag na sy kenmerkende rooi barets nie, berig City Press.

Volgens die berig word lede van die EVV se barets glo sommer van hulle koppe af gesteel terwyl steun vir Julius Malema se party groei. Lede van die EVV word intussen op straathoeke, openbare plekke en selfs begrafnisse met die rooi barets gesien terwyl hulle lede vir die party probeer werf. Andile Mngxitama, een van die party se leiers, sê: “Ons vervang geld met mense. Orals waar ons gaan is daar opgewondenheid. As jy ʼn rooi baret dra word jy elke sekonde gestop. Dit gebeur nie as jy ʼn T-hemp van die ANC of Agang dra nie.” Mngxitama het aan die koerant gesê die aanvraag na die rooi barets “oorskry die aanbod.” Mbuyiselo April, die EVV se koördineerder in die Noord-Kaap, het aan die koerant gesê daar is nie meer voorraad in die provinsie nie. Alfred Mutsi, die party se koördineerder in Noordwes, sê die barets word van mense se koppe af gesteel. “Wanneer ons nie vir mense barets kan gee nie gryp hulle dit sommer van jou kop af en hardloop weg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Seg ·

Betogings en toi-tio gaan toeneem hoe nader die verkiesing kom. Militantheid in betogings en tio-tio gaan ook toeneem. Dit is hoe Malema steun en kiesers werf. Malema is verseker van ‘n plek in die parlement, dan begin die groot probleme vir die Blankes van die land.

Fanie van Heerden ·

Roof en moord gaan ook toeneem aangehits deur Malema en die ANC.

Justi ·

Ek wonder…….ek mag seker wonder en my opninie……oor dit wat ek wonder lug? Word Malema nie dalk as n mondstuk gebruik deur die heersende party om dit wat in Zimbabwe plaasgevind het, hier te laat gebeur nie? Vandaar dat sy haatspraak teen oor Zuma ens verduur word? Dan kan niemand mos se dit was die ANC nie. Of het ek die kat aan die stert beet? Ek wonder……

Seg ·

Justi, politiek is ‘n baie vuil spel en die ANC is lank in die “game”. Wat jy se is 100% reg. Wat hule besig is om te doen is om hulle eie opposisie te skep vir die wat teen hulle draai of selfs uitgeskop word om nog steeds die doelwitte van die ANC nastreef.
ANC = ANC
EFF = ANC links
AGANG = ANC regs

Justi ·

Seg, dis werklik vrees anjaend ne? Wie kan mens deesdae vertrou? Met hulle monde se hul een ding, maar hul dade weerspreek als. Ek is eerlik ek weet nie meer vir wie om te stem nie. Die party waarvoor ek altyd gestem het, het ook n wilde U-turn gegooi.

AmY ·

Ek sal so een moet aanskaf, dalk sal ek dan nie aangeval, beroof, vermoor, verkrag of geskiet word nie. Ek ondersteun dan hulle held.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.