Die hardloop-legende Sonja Laxton (65) is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat sy glo Sondagoggend deur ʼn motor omgery is terwyl sy geoefen het.
Lees meerAlles vir Sondag 17 November 2013
Presidensie ontken Motlanthe-berigte
Die presidensie het Sondag berigte ontken dat president Jacob Zuma ʼn rol gehad het in die terugtrek van ʼn eerbewys vir adjunkpresident Kgalema Motlanthe.
Cope veroordeel ‘aanval’ op Madonsela
Cope het Sondag ministers in die veiligheidsgroepering veroordeel vir wat die party noem ‘n aanval op Thuli Madonsela, openbare beskermer.
Meer as R3,9 miljard se eise teen gesondheidsdepartement
Die Gautengse departement van gesondheid staar glo regseise van R3,9 miljard in die gesig, het die DA Sondag gesê.
Nelson Mandela steeds “redelik siek”
Oudpresident Nelson Mandela is steeds “redelik siek”, het sy eksvrou Winnie Madikizela-Mandela aan die Sunday Independent gesê.
Skokvideo van kaping maak opslae
ʼn Skokvideo op die sosiale netwerk Youtube wat wys hoe ʼn bende mans ʼn motor kaap maak opslae.
Veiligheid opgeskerp vir Malema-hofsaak
Streng veiligheidsmaatreëls sal geld wanneer Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV), se korrupsie-verhoor Maandag in die hooggeregshof in Polokwane begin.
ATKV van rassisme beskuldig
ʼn Grafiese ontwerper beskuldig die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) van rassisme weens ʼn troubrosjure van een van die organisasie se oorde, berig City Press.
Foto’s: Swaar reën, vloede in Kaap ontwrig talle
ʼn Vrou het verdrink en nog ʼn vrou word vermis nadat die Kaap die naweek gesteier het onder swaar reën en kitsvloede.
Malema se rooi barets glo hoog in aanvraag
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV) kan glo nie voorbly met die aanvraag na sy kenmerkende rooi barets nie, berig City Press.
10111-operateurs weier glo om hulp te ontbied
Personeellede van die polisie se 10111-noodlynsentrum het glo geweier om polisielede na ʼn huis in Durban te ontbied nadat ʼn gestremde man se vrou vermoor is, berig die Sunday Tribune.
Een dood, 13 beseer in ongeluk
Een persoon is dood en 13 beseer nadat ʼn bakkie Sondagoggend op die N1-suid omgeslaan het.
Gedagte vir die dag: Laat ons met liefde na ander kyk
Jakobus 2:1 – My broers, julle wat glo in ons Here Jesus Christus, die Here aan wie die heerlikheid behoort, moet mense nie volgens hulle uiterlike…