Man kritiek beseer in ontploffing

ʼn 40-jarige man is Vrydag ernstig beseer tydens ʼn ontploffing by ʼn fabriek in Waltloo, in die noorde van Pretoria.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê dit is nog nie bekend wat die ontploffing veroorsaak het nie. “Die man het sowat 70% brandwonde opgedoen. Hy is op die toneel gestabiliseer en na die Netcare Pretoria-Oos hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het sy gesê.

Niemand anders is in die ontploffing beseer nie. Die departement van arbeid sal die voorval ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.