Abraham van Eeden (74) is Vrydag in Lusaka in Zambië in hegtenis geneem na ʼn gru-ongeluk waarin minstens 53 mense dood is.
Lees meerAlles vir Vrydag 8 Februarie 2013
Vyf vas oor uniforms
Vyf mense is Vrydag in Midrand in hegtenis geneem nadat daar uniforms van die Johannesburgse metropolisie in hulle besit gevind is.
Jan Ellis oorlede
Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het Vrydagmiddag die afsterwe van die voormalige Springbok-losvoorspeler Jan Ellis bevestig.
Sonny Bill klop Wit Buffel
Die Nieu-Seelandse bokser Sonny Bill Williams, beter bekend as rugbyspeler van verskeie kodes, het die Suid-Afrikaanse bokser Francois Botha in Australië met punte geklop.
Aardbewingsterftes en skade meer as voorheen gemeen
Terwyl nog talle mense vermis word na ‘n aardbewing van magnitude 8 die Solomoneilande op 6 Februarie getref het, staan die dodetal reeds op nege.
Vrou sterf terwyl sy skubaduik
ʼn Vrou in haar vyftigs is Vrydag in Durban dood nadat sy vermis geraak het terwyl sy saam ʼn groep mense gaan skubaduik het.
Nuuskommentaar: Zuma onder grootste druk van hy staatshoof geword het
Regeringsbronne gee toe dat pres. Jacob Zuma onder die grootste druk verkeer sedert hy president geword het.
Drie “brouers” kry ontnugtering
Twee mans en ʼn vrou is Donderdag in Durban in hegtenis geneem nadat hulle onwettig alkoholiese produkte gemaak en verkoop het.
Man kritiek beseer in ontploffing
ʼn 40-jarige man is Vrydag ernstig beseer tydens ʼn ontploffing by ʼn fabriek in Waltloo, in die noorde van Pretoria.
Rede vir treinbotsing bekend
Treindienste in Oos-Londen is weer in werking nadat twee treine Donderdagmiddag by die Down-stasie gebots het.
Pastorie-moorde: Dogter weer in hof
Thea Brits, die dogter van die vermoorde ds. Willem Brits van Harrismith, sal vandag weer in die hof verskyn.
Boer mag nie ontsnapte krokodille vang nie
Zane Langman, die krokodilboer van Limpopo van wie se plaas duisende krokodille ná ʼn vloed ontsnap het, is verbied om die diere verder te vang.
Boelie vermoor glo leerling oor kos
ʼn Kaapstadse tiener verskyn vandag in die hof nadat hy vroeër die week ʼn medeskolier doodgesteek het omdat dié glo nie sy middagete aan hom wou oorhandig nie.
Krugersdorp-vrou vermis
Die polisie is op soek na ʼn vermiste vrou, Anet Reynolds (56), van Krugersdorp.
Foto: 24 skoolkinders beseer
Altesaam 24 laerskoolkinders is Vrydagoggend beseer nadat die taxi waarin hulle vervoer is, in Johannesburg in ‘n ongeluk betrokke was.
Ma van Welkom wreed vermoor
Carmen van der Westhuizen (38), ‘n ma van twee kinders, is Donderdag in haar nuwe huis in Riebeeckstad, Welkom, met ʼn skerp voorwerp vermoor. Haar gesin het verlede naweek na Welkom verhuis.
Foto: Bejaarde voetganger op hoofweg raakgery
ʼn Man is in ʼn bedenklike toestand in die hospitaal nadat hy Donderdagmiddag op die N2-hoofweg in KwaZulu-Natal deur ʼn voertuig getref is.
Zuma vra strengste straf vir Booysen se aanvallers
President Jacob Zuma het vir die strengste moontlike straf gevra vir die mans wat Anene Booysen (17) verkrag, geskend en vir dood agter gelaat het.