ʼn Man van die Oos-Kaap is doodgeskiet nadat hy saam met sy broers by ʼn besnydenispartytjie was.
Maj. Zamukulungisa Jozana het Woensdag gesê die 27-jarige slagoffer van Kwaaiman was op pad huis toe saam met sy broers toe hy geskiet is. “Die slagoffer was glo onderweg van die besnydenispartytjie na sy huis toe twee mans uit die bloute verskyn en hom twee keer geskiet het, sonder om ʼn woord te rep,” het Jozana gesê.
Die polisie ondersoek die saak. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
19 Kommentare
KWAAI MAN !
Wat het verkeerd gegaan met die besnydenis? Seker dood aan breinvliesontsteking wat oorgaan het na horingvliesontsteking.
Die polisie ondersoek die saak. Niemand is nog in verband met die voorvel in hegtenis geneem nie.
Ek is oortuig daarvan dat wanneer die skuldige aangekeer word, sal hy ons ‘kaalkop’ die waarheid vertel!
As die man nie geskiet is voor die partytjie nie het hy dalk disselboomloos teruggekeer wat amper net so erg is.