Man slaan katjie dood

Argieffoto.

‘n 42-jarige man is Donderdag op R1 500 borgtog vrygelaat nadat hy glo ʼn katjie buite sy huis doodgeslaan het.

Die man van Phoenix, KwaZulu-Natal, is Woensdag in hegtenis geneem nadat ʼn polisiebeampte, wat nie aan diens was nie, hom op heterdaad betrap het.

Konstabel Judah Israel het aan The Mercury gesê hy en sy vrou het op die Phoenix-snelweg gery toe hy sien hoe die man die katjie slaan. Sy vrou het ʼn U-draai gemaak.

Teen die tyd wat Israel by die beskuldigde se huis opgedaag het, was die katjie reeds dood. Die man is aangekeer waar hy onder ʼn bed in sy huis probeer wegkruip het.

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) is na die toneel ontbied en hulle het ʼn saak van dieremishandeling by die Phoenix-polisiestasie aanhangig gemaak. Caroline Smith, ʼn woordvoerder van die DBV, het gesê die man verdien om toegesluit te word. “As hy skuldig bevind sou word kan hy tot drie jaar tronkstraf gevonnis word, of ʼn boete van R60 000 kry,” het Smith gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Trudie ·

Hoop hy word goed gestraf. ‘n Weerlose, arme diertjie wat homself nie kan verdedig nie. Wat ‘n skande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.