Man sterf ná roof by JHB-laerskool

De La Salle-junior skool Foto: delasallejunior.co.za

De La Salle-junior skool Foto: delasallejunior.co.za

Dereck Woods, die 53-jarige man wat Donderdagmiddag buite ʼn skool in Victory Park in Johannesburg geskiet is, het aan sy wonde beswyk, het EWN Maandag berig.

Maroela Media het Vrydag berig Woods is drie keer geskiet terwyl hy omstreeks 13:50 buite die De La Salle Holy Cross College vir sy dogter gewag het.

Konst. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die polisie in Gauteng, het in daardie stadium gesê hy is vermoedelik van ʼn FNB-bank in Randburg agtervolg nadat hy R40 000 onttrek het.

ʼn Wit VW Golf GTI met donker ruite het agter hom parkeer, waarna twee mans uitgeklim het. Hulle het Woods se passasiersdeur oopgemaak en probeer om die sak kontant te gryp. Die rowers en man het oor die sak gestry en hy is drie keer geskiet. Hy is glo in die arm en been getref. Die rowers het met die kontant gevlug.

Woods het in die Milpark-hospitaal aan sy wonde beswyk.

Bobby Heaney, ʼn lid van die skool se beheerraad, het aan EWN gesê dit is ʼn groot skok vir hulle. Beraders is by die skool om die leerlinge en onderwysers by te staan.

Bron: EWN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.