ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn agtjarige meisie verkrag het in Zola, Soweto.
Ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, sê die 29-jarige man, wat langs die meisie woon, het haar na bewering Donderdag omstreeks 08:00 geroep om na sy huis te kom. Die meisie het nie skool toe gegaan nie en aan haar ouma gesê wat glo gebeur het. Haar ouma het die polisie gekontak. Die man is in hegtenis geneem op aanklag van verkragting. Hy sal binnekort in die Protea-landdroshof verskyn.