
Die bruidspaar, Vega Gupta en Aakash Jahajgarhia by die Valley of Waves, Sun City Foto: Haranath Ghosh, Twitter
Supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die metropolisie, het vroeër die week gesê daar is briewe aan nege metropolisiebeamptes gestuur waarin hulle ingelig word oor die voorneme om hulle te skors. Hy sê die metropolisie het nie ʼn versoek ontvang om bystand te lewer vir die Gupta-troue nie en is daar dus geen opdrag aan beamptes gegee om veiligheid te verskaf nie. “Beamptes wat bystand gelewer het, het dit in hul eie kapasiteit gedoen.” Mahamba sê twee van die beamptes is verlede week in hegtenis geneem maar aanklagte teen hulle is teruggetrek nadat hulle in die hof verskyn het. Die beamptes het glo blou ligte en vervalste nommerplate op hul privaat voertuie gebruik om trougaste na Sun City te vervoer.