Metropolisiebeampte vas vir moord

geweer4-320x1791ʼn Bloemfonteinse metropolisiebeampte is in hegtenis geneem nadat hy glo Sondagaand ʼn man naby ʼn kuierplek in Smithfield doodgeskiet het.

Sers. Yanga Ngcukana, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die skietery het Sondagaand omstreeks 23:00 plaasgevind.

“ʼn Groep mans was in die kroeg toe ʼn bakleiery ontstaan het,” het Ngcukana gesê. “Die beampte was glo by die bakleiery betrokke en het uit die kroeg gehardloop, maar ʼn paar van die mans het hom gejaag en met klippe gegooi.”

Die beampte het verskeie skote in hul rigting gevuur en een van die koeëls het ʼn 35-jarige man noodlottig gewond. Die polisie het die beampte kort daarna kaalvoet in die straat aangetref. Hy het beweer hy was oppad polisiestasie toe om die voorval aan te meld.

Die beampte sal na verwagting teenWoensdag in die Smithfield-landdroshof verskyn op aanklagte van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.