Ministers het hulle stem gevoeg by die koor van kritiek teen die ANC-jeugliga se oproep vir die nasionalisering van myne.
Die minister van openbare werke, Malusi Gigaba, het vroeër gesê diegen wat die land regeer weet watter skade die debat oor nasionalisering veroorsaak vir die goeie beeld van die land en die impak wat dit het op beleggings. Susan Shabangu, die minister van mynwese, sê die regte vraag is nie of myne genasionaliseer moet word nie maar eerder hoe die land se minerale rykdom aangewend kan word om armoede te probeer verlig. Sakelui waarsku egter dat nasionalisering nie die oplossing is nie. ʼn Ekonoom by die Kamer van Mynwese, Roger Baxter, sê nasionalisering gaan nie die probleem oplos nie maar Suid-Afrika eerder verder terugsit in sy poging om die probleem op te los.