Die polisie in Oos-Kaap is op soek na ʼn man wat van moord en gewapende roof aangekla word en wat gevlug het nadat hy op borgtog vrygelaat is.
Brig. Marina Mills, woordvoerder van die polisie, sê Zimasa Diniso (30), ook bekend as Camel, het verdwyn nadat hy op borg vrygelaat is. Mills sê die Elliotdale-landdroshof het op 14 Junie ʼn lasbrief vir sy inhegtenisname uitgereik. Mills sê Diniso, wat hom glo in Mthatha of Mqanduli bevind, is gewapen en gevaarlik. Hy word gesoek in verband met verskeie misdade in Mthatha en Oos-Londen.
In ‘n ander berig vind mens die pleidooi van Prinsloo dat hy sogenaamd onskuldig is en reeds vir maande lank in die tronk aangehou word sonder dat ‘n behoorlike klagstaat opgestel is.
In hierdie geval weer, word ‘n man, wat aangekla is van moord en gewapende roof, op borgtog vrygelaat en verdwyn dan tydens vrylating.
Is die reg nog regverdig ?