Motor bots teen trein

Foto: ER24

ʼn Man is beseer nadat hy beheer verloor het oor sy motor en teen ʼn trein gebots het op die R28 tussen Krugersdorp en Randfontein.

Volgens paramedici van ER24 het die man, glo in sy laat twintigs, langs die motor gestaan met hulle aankoms op die toneel. Hy het rug- en nekbeserings opgedoen en is op die toneel gestabiliseer voor hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling. Die man het glo beheer verloor oor sy motor nadat hy glo vir ʼn aankomende motor uitgeswaai en teen die trein gebots het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.