Nicholis Louw het Dinsdagaand groot nuus op Twitter bekend gemaak.
Nicholis het uitbasuin: “Hey maniacs! My kick*** girl is nou my kick*** verloofde!! Weirdly voel ek glad nie claustrophobic nie!! Sommer net happy happy happy!!” [sic]
Sy gelukkige verloofde, Denise Shrewsbury, is oorstelp van vreugde en het Woensdagoggend getwiet: “Ek is so bly daar is bietjie verkeer vandag. Nou kry ek meer tyd om vir my ring te loer! Voel steeds soos ʼn droom!” Sy sê Nicholis is haar droomman.
Daarna het sy getwiet: “WOW ek kan nie voorbly met al die gelukwense nie. BAIE DANKIE ALMAL. Ons is vreeslik geseënd. God is ons anker.”
Jak de Priester is een van die talle bekendes wat Nicholis gelukgewens het. Jak sê hy hoop die liefde blom.
Nicholis is my “celebrity crush”…..die beste en sexiest SA rocker! Baie geluk Nicholis en Denise…….
Baie geluk julle!!!
Wonderlike nuus! Seen vir jul lewe saam toegebid !