Die kabinet se veiligheidsgroepering gaan adv. Thuli Madonsela, die openbare beskermer (OB), se regskostes betaal.
Die staat het Vrydag in die Pretoriase hooggeregshof aangebied om die regskostes te betaal en geen argumente is in die hof aangehoor nie.
Ministers van die veiligheidsgroepering het Madonsela verlede week hof toe geneem om te probeer verhoed dat sy ‘n verslag oor veiligheidsopgraderings by president Jacob Zuma se private woning in Nkandla in KwaZulu-Natal bekendmaak. Hulle het egter Donderdag hul aansoek vir ʼn interdik laat vaar en gesê al wat hulle wou gehad het, was ‘n week se uitstel om op die verslag te reageer en dat hulle dít deur die hofproses ontvang het.
Die staat, menende, die belastingbetaler – TSK !!!!
Hallo Trippie. Ja jy weet dan ne? Maak mens nukkerig tot ongeskik kwaad.