Strafkampe sal waarskynlik een van die dae nie meer die voorland wees van mense in China wat die lewe aan meer as een kind skenk nie.
Lees meerAlles vir Vrydag 15 November 2013
Minstens 386 kinderpornografie-slagoffers in internasionale klopjag gered
In waarskynlik een van die grootste veldslae in die oorlog teen kinderpornografie en -mishandeling wat nóg in die wêreld opgeteken is, is 386 slagoffers van dié misdade die week regoor die wêreld gered.
Video: Liefdadigheidsprojek gaan voort ondanks beroerte
Die Danville-liggiehuis in Pretoria se Kersprojek gaan voort, al het die vrou aan die stuur daarvan onlangs ‘n beroerteaanval gehad.
Liebenberg hoor oor borgtog
Die Benoni-landdroshof in die Oos-Rand het Vrydag uitspraak gelewer in die borgtogverhoor van Retief Liebenberg, wat van sy dogter se kêrel en dié se pa se moord beskuldig word.
Baie Kovsies ly honger
‘n Verslag van die Universiteit van die Vrystaat het skokkende statistiek bekend gemaak wat bewys dat byna twee derdes van die studente aan die universiteit nie genoeg geld het om kos te koop nie en gedurende die kwartaal honger ly.
Vrou val na haar dood by Howick-waterval
ʼn Vrou is Vrydagoggend dood nadat sy 110 meter ver geval het by die Howick-waterval in KwaZulu-Natal.
Foto: Een sterf, talle beseer ná bus en trok bots
Een persoon is dood en 34 mense is beseer nadat ʼn bus Vrydagoggend teen die agterkant van ʼn bewegende swaarvoertuig naby Durban gebots het.
Nkandla-verslag: Staat gaan vir OB se regskostes opdok
Die kabinet se veiligheidsgroepering gaan adv. Thuli Madonsela, die openbare beskermer (OB), se regskostes betaal.
Griekwastad-moorde: Staat sluit saak af
Die staat het Donderdag sy saak afgesluit teen die 17-jarige seun wat verdink word van die moorde op die Steenkamp-gesin op hul plaas naby Griekwastad in die Noord-Kaap verlede jaar.
Twee beseer ná petroltenk ontplof
Twee mans is in ʼn ernstige toestand nadat ʼn petroltenk waaraan hulle gewerk het, ontplof het.
Nat, koue naweek met moontlike vloede vir Kaapstad voorspel
Kaapstad se rampsbestuursentrum het gesê hulle maak gereed vir die moontlikheid van vloede vir die naweek.
Liebenberg se borgtogverhoor hervat
Retief Liebenberg, wat van twee moorde beskuldig word, verskyn vandag weer in die landdroshof in Benoni in Johannesburg wanneer sy borgtogverhoor hervat.
“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir
Radovan Krejcir, die omstrede voortvlugtige Tsjeggiese besigheidsman, glo hy word aangeval en dat sy lewe in gevaar is, het EWN Vrydag berig.
Praag-webblad loop glo onder kuberaanval deur
Die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (Praag) het Donderdag gesê dat ʼn “massiewe kuberaanval” sedert Dinsdagoggend teen die webwerwe en bedieners van Praag geloods is.
Ouma ook vas ná rotte aan kind vreet
Die ouma van ʼn sewe maande oue babaseuntjie wie se liggaam Sondag in Diepsloot, noord van Johannesburg, aangetref is, is Donderdag deur die polisie ingeneem vir ondervraging.
Seun verdrink in strandmeer
ʼn 14-jarige seun is dood nadat hy Donderdagmiddag in die Umgababa-strandmeer naby Amanzimtoti in KwaZulu-Natal verdrink het.
Nuuskommentaar: Nkandla – Mag die president vir ewig lewe!
Duidelike spanning is besig om tussen die ANC en die Openbare Beskermer op te bou oor die OB se Nkandla-verslag. Dit maak vandag selfs weer ‘n draai in die hof, al het die kabinet se veiligheidsgroepering die aansoek om ‘n interdik laat vaar.
Gedagte vir die dag: Gee aandag aan die positiewe dinge in jou lewe.
Kolossense 3:2 – Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie … Almal ken die…