ʼn Staking deur Numsa-petroljoggies en werkers van die motorbedryf duur voort nadat onderhandelinge tussen die vakbond en werkgewers vasgeval het.
Jakkie Olivier, ʼn woordvoerder van die Retail Motor Industry, het Vrydag gesê daar is “geringe” vordering gemaak sedert Donderdagaand se onderhandelinge.
Hy het gesê verskeie voorstelle is gemaak en bespreek, maar sekere kernkwessies bly onopgelos. Dié kernkwessies het ernstige finansiële implikasies vir werkgewers, aangesien dit hul werkers se koste vir die maatskappy beïnvloed. Olivier het voorheen ʼn vergelyking van so ʼn kwessie gemaak waar werkers aandring op minder werksure, van 45 ure per week na 40 ure per week, sonder ‘n verlaging in hul vergoeding.
Olivier het gesê die vakbonde se benadering dat “een skoen almal pas” onmoontlik is. Die staking het op 9 September begin. Numsa eis onder andere ‘n dubbelsyfer loonverhoging vir sy lede.
In Europa (en seker elders) gooi jy self brandstof in, hoe nodig is petrol joggies regtig?
Lyk my die kommentaar staking van Maroela duur ook voort. Ons sal nie toegee nie Maroela, kry julle beleid reg en laat ons weet.
Moet julle ook nie blindstaar aan die hoeveelheid besoeke aan julle web tuiste nie. Baie van ons kom loer net so af en toe in om te sien of enige kommentaar gelewer word.
“Waarom” waarom gaan jou betoog want dit blyk nie asof dit met die petroljoggie-staking iets te doen het nie.
Ja, die forum is ongelukkig die afgelope tyd besoedel met die swakste van swak kommentaar en was dit seker net verstaanbaar dat Maroela Media iets moes doen om hierdie ongewenste elemente verwyder te kry.
Dis net korrek dat ons poog, wanneer ons deelneem by wyse van ons kommentaar, dat ons lesers daarop sal trakteer en nie verveel nie. En temeer nog wanneer ons swak taal gebruik en kommentaar probeer ophelder met afgesaagde en platvloerse uitdrukkings.
Hel Jong Baster jy is en bly maar net ‘n TROL.
Die ganse saak van stakings in Suid-Afrika het in ‘n totale klug ontaard vanweë die Owerheid se lompe hantering daarvan – wetstoepassing vind geensins plaas nie en word vandalisme en geweld gepleeg sonder enige optrede. Daar het eenvoudig ‘n klimaat, geskep deur die Owerheid, ontstaan dat stakings enige wending, ookal geweld, kan neem en dis maar in orde.
In die geval van die petroljoggies wat staak, kan vulstasies vele gewilliges kry om die werk te doen maar vind intimidasie openlik plaas – weereens sonder Owerheidsoptrede. Blykbaar mag daar ook nie andere in diens geneem word terwyl die joggies staak nie – korrigeer my ?
Sit jou slim kind wat niks weet nie, Baster sal jy bly.
Ek sal graag wil weet hoekom jy na my verwys as Baster. Wat bedoel jy daarmee ?
‘n Dringende reaksie sal waardeer word.
Dit is korrek, ons mag niemand anders in diens neem nie. Die “gewilliges” waarna jy verwys is in sommige gevalle, soos waar ek werk, matriek latte wat ‘n paar ekstra rand wil verdien. Hul hulp gaan net so lank duur as wat hul vryheid duur, sodra die eindjaar eksamens inskop gaan hul vrywilligheid opdroog (mag die staking tog nie tot dan aanhou nie!).
By ander vulstasies is dit weer heel te mal anders, hul werkers is almal daar(natuurlik net nie in uniform nie).
Die intimidasie is die minste, ons het al klaar oor die R5000 se skade gelei a.g.v. brandstof diefstal, iets wat selde gebeur het voor die staking. Dis asof mense dink die afwesigheid van die joggies, of hul uniform, regverdig “wegry sonder om te betaal”. Ek het verneem dit gebeur by ander stasies skielik ook, dit laat my net toe om een ding te besef: stakings propageer anargie aan ‘n volk wat tog te lief is daarvoor.
Hierdie is die ideale geleentheid om self bediening in te stel, komaan motorhawe eienaars,sit groot baniere op,”SELF BEDIENING 10c n liter afslag op pompprys” jou verkope gaan die hoogte inskiet
So moet n donkie mos nou balk!!!
hierdie donkie balk onsin, dit is teen die wet! Geen eienaar/bestuurder sal dit toelaat nie uit vrees vir regstappe wat teen hom/haar geneem kan word. Boonop, indien dit wel gedoen kon word, sou daar nie ‘n 10c/l afslag gewees het nie, aangesien daar nie iets is soos ‘n “10c/l” wat aan joggie-salarisse gaan nie. Sommige vulstasies betaal al klaar die joggie-salarisse d.m.v. die inkomste wat die winkeltjie inpalm.
Ek het verstaan dat mens nie in SA self mag petrol ingooi nie. Ek mag verkeerd wees. Wat ek wel weet is dat my arme Tannie (wat ‘n klein vulstasie bestuur) nou daagliks moet petrol pomp, en sy moet die winkel hanteer (winkel se mense staak ook) EN nog haar admin en ander kantoorwerk moet doen. Sy’t 1 dame wat till slaan, en as die horlosie sê dis 5-uur, dan klok madam uit en moet my Tannie alleen verder aansukkel totdat die pompe en winkel sluit. Haar mense wat WIL werk is deur die grootter tak gevra om eerder daar te help, want die grootter tak is op die N2.
InaT dit is waar dat dit onwettig is vir “lede van die publiek” om self petrol te pomp. Die verhaal van jou tannie speel by my arme ou moeder ook af. Sy moet ook self petrol gooi, admin doen, vloere was en til slaan. Ons hele familie help uit wanneer ons kan, maar meeste het self werk wat gedoen moet word. Ek, sy en 3 matriek latte, wat in die middae na skool vir ‘n paar uur kom uithelp, doen nou 11 mense se werk. Ek en my moeder maak ook beurte om 24 uur skofte te doen elke 3 dae
Hoe dit veronderstel is om niks aan ons verhouding met ons werkers te doen nie verstaan ek nie, dit is barbaarse uitbuiting. Ek weet nie of ek na een van die stakers weer kan kyk met enige vorm van respek nie.
Ek sê genoeg is genoeg. Ons ekonomie ly onder al hierdie stakings en die unies voel ‘n veer! Dit is nie hulle wat sonder salaris moet oor die weg kom nie, maar die arme werkers wat aan hul neuse gelei word. Daar is genoeg werklose mense in ons land, so dank die hele spul af en stel mense aan wat wil werk. As jy nie tevrede is met jou salaris nie, bedank dan en gaan soek werk op ‘n ander plek.