ʼn Man is Woensdagaand op die N12-snelweg naby Kimberley doodgery.
Volgens Jeffrey Wicks, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die ongeluk sowat 10km buite Kimberley, in die Noord-Kaap, plaasgevind.
Na wat verneem word, wou die man die snelweg oorsteek toe die voertuig hom tref. Die man is op slag dood. Die bestuurder van die voertuig is ongedeerd.
ʼn Ma en haar 2-jarige dogtertjie is Dinsdagmiddag doodgery toe hulle ʼn snelweg wou oorsteek en ʼn voertuig hulle getref het. Maroela Media het berig die ongeluk het op die N17-snelweg in Springs tussen die Osbourne- en Rondebult-afrit gebeur.