Nuuskommentaar: Apartheid as versoening, misdaad teen die mensdom of volksmoord

Oudpres. FW de Klerk by die Staatsrede (13 Februarie 2020) (Foto: Phando Jikelo/African News Agency/ANA)

Die aanvalle op oudpres. FW de Klerk oor apartheid is maar die oortjies van die seekoei, waar die kwessie dat van die voorste kritici byna voor die voet self agter die deur staan wat rassisme en die skending van menseregte betref juis die kritiek van die morele hoë grond veeg. Hierdie voorval lig ook uit hoe versigtig ’n mens moet wees om uitlatings te maak wat hulle leen tot swartsmeerdery.

Oudpres. De Klerk se opmerkings oor apartheid het ’n storm ontketen met die drywers van nieu-apartheid se pikante en moedswillige reaksies ’n duidelike bewys dat die versoeningspad gereeld doelbewus gesaboteer word. Pikant dat diegene wat self agter die deur staan as dit by menseregteskendings op enorme skaal staan, nou so hoogheilig die lakens van kleur kan uitdeel.

Ja, daar is ’n vasbytergroep wit mense wat nog openlik vir rassisme en selfs apartheid, of vir ’n gewoonlik gematigder begrip, afsonderlike ontwikkeling, in die bresse tree.

Dit gaan gepaard met die optredes en uitlatings van instansies wat graag hul “nierassigheid” verkondig en ook soms as morele hoë grond voorhou, maar selfs die mees growwe elemente van wit rassisme vir blootstelling uitdaag, en so rasbenepe is dat een daarvan, die BLF, se registrasie as politieke party opgeskort moes word. Dít nogal nadat dit in die eerste plek onvergeeflik toegestaan is en ’n erg negatiewe refleksie op die Onafhanklike Verkiesingskommissie gewerp het. Méér kon die BLF immers nie gedoen het om te bewys hy het nie vir registrasie gekwalifiseer nie.

Die EFF se registrasie was bykans net so omstrede, en Julius Malema en sy trawante doen moeite om te bewys dat die registrasie, wat destyds deur die Vryheidsfront Plus teengestaan is, ’n fout was.

En ja, die Menseregtekommissie se eie rol om rassespanning die hoogtes in te jaag is pikant weens sy eie onewehandigheid, wat nogal periodiek “geregverdig” word deur uitlatings wat teruggevoer kan word tot die erg rassistiese en Fanon-geïnspireerde stelling dat swart mense per definisie nie rassisties kan wees nie.

Uit ’n bestudering van De Klerk se opmerkings soos gemeld, blyk dit dat die oudregeringshoof hom téén apartheid uitgespreek het, en as motivering ook gemeld het dat hy al gereeld verskoning daarvoor gevra het. Hy het hom dan met die vlak van weerstand misgis deur sekere aspekte binne konteks te plaas, soos uit te wys dat Suid-Afrika ’n beter menseregterekord gehad het as 27 van die 31 lande wat die VN se Konvensie oor die Onderdrukking en Straf van die Misdaad van Apartheid onderteken het. De Klerk het ook die “fout” gemaak om te wys op die rol wat onder andere die Russiese propagandadienste gespeel het om apartheid boos voor te doen.

En was van die onvoorsiene uitvloeisels soos Sharpeville werklik deel van die aanspreeklikheidsgevolge wat regstreeks aan die beleid toegeskryf kan word? Dit is belangrik om te bepaal of apartheid as vorm van volksmoord beskou kan word. Dat apartheid as misdaad teen die mensdom beskou kan word, geregverdig of nie, is skynbaar onbetwisbaar. Boonop, indien die onbedoelde newe-effekte wel volksmoord kon vergestalt, sou dit ernstige vrae oor die trefkrag van die Marikana-skietery op die huidige regering hê. Aspekte soos die regering se verantwoordelikheid om behoorlike intelligensie te gehad het, terwyl die intelligensiedienste toegelaat was om baie doeltreffendheid in te boet, sou belangrike vrae oor verantwoordelikheid kon oplewer.

Dat apartheid nie in aanmerking kom om as volksmoord beskryf te word nie, is onomwonde vanoggend op RSG deur proff. Hennie Strydom en Anton van Niekerk gestel, hoewel ’n misdaad teen die mensdom egter ’n ander saak is.

Met die nadering tot ’n nuwe bedeling is ook aan die behoudende kant wegbeweeg van ras as norm, soos onder meer blyk uit die Kodesa-onderhandelings, en daarna die werk van die Volkstaatraad. Die doel hiervan was vir sommige mense ’n beginselsaak, vir ander pragmaties om in pas met die internasionale reg te wees waar ras nie as ’n norm van selfstandigheid erken word nie (ook nie in die meeste woordeboeke nie), maar slegs faktore van ’n kulturele aard, soos taal. (Dit is ook so vervat in artikel 235 van die huidige Grondwet wat oor selfregering handel.) In die praktyk, soos blyk uit die genoemde leserskommentare, het ’n groep verhard om partisie as enigste opsie te beskou om heterogeniteit staatkundig te hanteer, en met ras as enigste skeidingsgronde (in weerwil daarvan dat dit ingevolge die internasionale reg doodgebore is, asook in terme van die Grondwet).

FW de Klerk. Foto: FW de Klerk-stigting/Facebook

Trouens, dit is ’n bekende strategie van die ANC om enige noem van die moontlikheid van Afrikaner-selfbeskikking buite orde te reël deur die term “Afrikaner” met “wit mens” te vervang wat dit dan ongrondwetlik en teen die internasionale reg maak.

Dat die ANC en sy surrogate, die EFF ingesluit, hulle so hoogheilig oor apartheid hou, is absurd verby. Die ANC se gereelde stelling dat die party apartheid verslaan het, is gewoon twak. Die laaste apartheidswet, dié van die rasseklassifikasie en registrasie van mense op grond van ras, is reeds in 1992 geskrap, terwyl die ANC eers in 1994 aan bewind gekom het. Wat die ANC wel gedoen het, is om daardie, en van die ander apartheidswette terug op die wetboek te plaas, soms onregstreeks. So word die ou rasseklassifikasie by kwotas vir werksgeleenthede, die samestelling van verteenwoordigende sportspanne en vele meer toegepas. ’n Mens se velkleur bepaal iemand se lewe van die wieg tot die graf. Dit word selfs in die beoogde wetgewing voortspruitend uit die voorgenome wysiging van artikel 25 van die Grondwet oor grondgryp sonder vergoeding ingeskryf.

Dit toon die ANC se minagting van internasionale ooreenkomste wat menseregte waarborg soos verskeie konvensies wat eiendomsreg as mensereg beskerm, asook een wat Suid-Afrika eers betreklik onlangs geratifiseer het nadat dit reeds tydens die bewind van pres. Nelson Mandela geteken is, wat onder meer ’n sonsondergang vir “affirmative action” vereis, maar waar die regering reeds in ’n hofsaak betrokke geraak het om die inwerkingstelling van bepalings van die verdrag te opponeer.

Hiermee word nie ontken dat daar steeds nadelige sleureffekte van apartheid is nie, maar soos daar in Engels gesê word, “Two wrongs don’t make a right”.

Ten slotte: Is dit minder verkeerd as hedendaagse regters die Grondwet skend, of baie na daaraan kom, ter wille van transformasie, as wat regters in die ou bedeling in sake kragtens die Wet op Terrorisme na bewering polities bevooroordeeld was?

Is dit ’n “feit” as die regering en ondersteuners gereeld na Solidariteit en AfriForum as rassistiese organisasies verwys, terwyl die praktyk (soos die grondslag van hofsake wat dié instansies teen die regering maak) die teenoorgestelde bewys? Is dit nie ’n verdere bewys dat die skoen in die praktyk aan die ander voet is nie? Die regte persepsie hieroor bepaal die juridiese en morele begronding van onder meer internasionale veldtogte teen diskriminasie teen minderheidsgroepe – iets wat die internasionale reg ten volle ondervang.

Die FW de Klerk-stigting se reaksie vandag word met ingehoue asem afgewag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johan Venter ·

Presies! Net soos Zille wat destyds getwiet het als van die koloniale tydperk was nie net boos nie.

Plaas dat diegene wat so gal braak teen FW de Klerk oor wat hy betreffende apartheid gesê het, vir hulle 3D drukkers aanskaf (soos die Sjinese), vir ‘n verandering iets produktiefs in die land doen en al die Staatsbeheerde instellings se gebreke tjoeftjaf herstel, onderhoud daarmee doen, dan kan ons weer gesels.

O ja hulle kan sommer ‘n superstad of twee daarmee bou en ‘n slimstad waarvan die slaagsyfer meer as 30% is.

Cherokee ·

Klink nie asof jy weet dat Zille onmiddellik daarna verskoning gevra het vir haar uitlating, nie.

Werner ·

Wys jou maar net as jy n wit vel het voel hulle vir jou al het jy jou mense en land op n skinkbord vir hulle gegee

Michael ·

Diskriminasie in die werkplek,sport,skole,en universiteite teen die wit minderhede is apartheid omgekeer en wat de klerk en sy stigting betref hulle doen niks om die ooreenkomste wat by kodesa gesluit is en nou geïgnoreer word deur die anc reg te stel nie ,dankie Mnr Erenst Roets wat die eerste wêreld lande gaan besoek en die wêreld owerhede gaan inlig oor die anc regering se diskriminerende wette en vertrapping van minderheid regte.

Johan Venter ·

Apartheid, wat net soos kolonialisme darem nie als sleg was nie, het darem ‘n land vol ongelooflike geleenthede en infrastruktuur aan hulle pasella gegee, ‘n sterk ekonomie, ‘n klomp suksesvolle Staatsbeheerde instellings, florerende dorpe en stede, munisipaliteite, onderwys, gesondheidsorg, ‘n landbousektor wat skrik vir niks, noem dit, ‘n weermag, ‘n polisiediens, als wat vandag deur hulle tot in die grond in na rommelstatus bestuur is, oor die afgrond bewe.

Die korruptes en staatskapers tussen hulle is nog vry soos vlinders, dartel tussen hulle rond. Die Zondo kommissie trap water, wetstoepassers vorder nie ‘n tree nie. En wat is die effek wat hul ideologie, NDR (Nasionale Demokratiese Revolusie) asook SEB op die land se mense het, moet DIT nie na die VVO toe geneem word vir uitsluitsel en gradering nie?

Charl Albertus ·

Ek wonder hoe ‘n federale staat konsep (unie) sou werk waar ‘n grondgebied ingedeel word in klein etnies gekonsentreerde selfregerende lande/state? Iets waar ons as voorbeeld al die Franse in een land plaas, die Duitsers in ‘n ander. Meskien een vir die Nederlanders en nog een vir die Pole. Meskien, as daar ‘n eiland beskikbaar is kan ons al die Engelse daarna toe stuur. Hmmm, nee, dit sal natuurlik appartheid wees en nooit toegelaat kan word in die wêreld nie. Dit sal ‘n misdaad wees teen die mensdom …….

Strandloper ·

Mmmm laat my wonder….wat noem mens die werklike heede…trouens baie erger as die verleede!

Johan Venter ·

Herman, ‘n klip in die bos. Ek het ‘n idee dat met die ANC se kommunistiese agtergrond en ideologie, sou enige ander bedeling hulle tot dieselfde aksies, wat geweld insluit, aangevuur het, hulle sou met niks anders as magsoorname soos in die kommunisme en sosialistiese ideologie wat hulle aanhang tevrede gewees het nie, hulle het die land se rykdomme nodig gehad, mens kon die bestel destyds in die land enige naam gegee het en die ‘uitkoms’ sou nie anders as vandag gewees het nie.

Die fout was dat daar met die ANC alleen onderhandel is, (buiten nou vir die 1992 referendum klip-in-die-skoen) maar dan het hulle ook voor die tyd, waar hulle in die land nie baie ondersteuning gehad het, stelselmatig met geweld binnelands bykans alle ander swart teenstand na hulle toe omgehaal.

Vervolg …

Johan Venter ·

Vervolg van vorige kommentaar:

Die woord apartheid het hulle gepas, veral na dit as misdaad teen die mensdom gebrandmerk is, want deur die wêreld en die mense binnelands deurlopend daaraan te herinner het DIT hul model soos soetkoek laat verkoop en mense na hulle omgehaal. ‘n Groter advertensiebord om hul model te promoveer kon niemand aan hulle gee nie, mens kan dalk sê Apartheid het die ANC op die kaart geplaas.

Gert ·

Ek haal amper my hoed af vir de Klerk. uiteindelik n paar goons gegroei. Hy moes die statement gemaak het voordat hy die land weg gegee het.

Michael ·

Hy het reeds verskoning gevra en sy stelling teruggetrek en stert tussen die bene weggehardloop….en waar’s daardie choens nou?

Marthinus W ·

Toe apartheid deur die VN as misdaad verklaar is, was die VN grootliks onder beheer van die kommuniste. Net soos wat hulle die Wêreldraad van Kerke geïnfiltreer en gefinansier het. (Dit is waarom die NG Kerk daaruit onttrek het.)

Hoeveel kommuniste is vermoor deur hulle regering? Miljoene. Sekere Oos-Europese leiers het in die verlede gevra dat kommunisme ook as misdaad teen die mensdom geklassifiseer word. Maar, Amerika en Europa word tans beheer deur sosialiste en politieke korrektes, en Pole wil bewys dat hulle engeltjies was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.