Nuuskommentaar: FW wil onderhandelingsooreenkomste laat handhaaf

Onlangse opmerkings deur pres. Jacob Zuma oor planne om die Grondwetlike Hof te hersien, het oud-president FW de Klerk laat reageer. Dit is egter nie die eerste keer dat De Klerk die ANC-regering die leviete voorlees nie, en sy Stigting lewer ook gereeld kommentaar oor waar gemeen word die ANC die Kemptonparkse skikking in die wind slaan.

Weens die grootlikse kaping of disfunksionering van grondwetlike liggame wat inhoudelik gestalte aan die staatkundige aspekte van die skikking moes gee, is die howe en veral die grondwetlike hof by baie nou die laaste bastion van die wigte en teenwigte wat die nuwe grondwet sou waarborg. Gereelde stemme gaan op vir dialoog en selfs ‘n ‘n heronderhandelde skikking. De Klerk kan kennelik ‘n kernbelangrike rol speel, maar dan moet hy, soos in ‘n ander konteks gesê is, ‘n kans kry. Om hom as verraaier of sukkelaar wat deur mnr. Roelf Meyer en sy onderhandelingspan ore aangesit is te verguis, dra niks by tot die beste belang van die land, en die Afrikaner nie.

Dis egter ook nodig dat De Klerk, sy stigting en ander eietydse rolspelers om ‘n tafel bymekaar kom en ‘n strategie uitwerk oor hoe om die moddergooiproses wat net verloorders oplewer, in ‘n wen-wen-strategie te omskep. Hoe kan sinvoller staatkundige opsies weer op die tafel geplaas word? Of minstens, hoe kan sinvol gestalte gegee word aan die weliswaar gebrekkige opsies wat die bestaande grondwet bied?

‘n Groter mate van eerlikheid oor wat tydens Kemptonpark gebeur het, en veral verkeerd geloop het, raak nou uit ‘n politieke sosiologiese oogpunt noodsaaklik, maar sal nie gebeur as verguising by voorbaat die manier is nie.

Lees die volledige verslag hier.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ebert

Dankie Herman, vir ‘n weereens baie prikkelende blik op die nuusgebeure van die dag. Die gedagte van ‘n heronderhandelde skikking of opvolgskikking is vir my baie interessant. Ek wonder hoe diegene wat dit voorstel reken hulle die ANC by enige nuwe beloftes gaan hou indien hulle nie die bestaande beloftes nakom nie. Die punt van ‘n gebrek aan ‘n magsbasis by Afrikaners is hier weer ter sprake. Ongelukkig het oudpres. De Klerk baie ongewild by Afrikaners geword, hoofsaaklik omdat sy beloftes van ‘n opvolgreferendum asook wigte en teenwigte blyk leeg te wees, juis omdat die aard van die NP se… Lees meer »

Herman Toerien

Dankie vir jou bydrae Ebert.
Ek het ‘n klankbord nodig, soos almal.
Ek sou graag wou sien dat van die voorstanders van ‘n heronderhandelde skikking van hulle laat hoor – veral oor hoe hulle meen die ANC daartoe oorreed kan word. Gesonde verstand is een ding, maar as jy reeds kare lank die onderhandelde skikking as ‘n oorwinning aan jou kiesers voorhhou, hoe gaan die ANC sy toedrede tot heronderhandelde skikking aan die kiesers motiveer?
Herman