Nuuskommentaar: ‘ ʼn Stap in die regte rigting’, maar wat van korruptes?

“’n Stap in die regte rigting.” So beskryf dr. Pieter Groenewald, leier van die Vryheidsfront Plus die nuwe Covid-19-planne soos gisteraand deur pres. Cyril Ramaphosa aangekondig. Maar verskillende instansies spreek ook voorbehoude uit. En gaan die miljarde rande se hulp die gierige hande van diegene wat Suid-Afrika die reputasie besorg het as ʼn land waar korrupsie endemies is, ontglip.

Wat is die kanse dat Suid-Afrika se korruptes die geleentheid sal laat verbygaan om hulself mildelik te help aan die beoogde R500 miljard wat die regering beplan om te leen om die land se ekonomie na die Covid-19-ingrendeling op die herstelpad te kry? Dit terwyl die vakbonde hard skreeu omdat die korruptes wat vir die SAL se ondergang verantwoordelik was, en selfs is, nog self geen teenspoed op die lyf geloop het nie.

Kwalik ’n sin is in pres. Cyril Ramaphosa se jongste herout oor die Covid-19-pandemie gerep. Hy het wel gesê dat die korruptes vasgevat sal word, maar die eensame stelling sou meer prominent vertoon het as daar groter entoesiasme uit die geledere van die eietydse Mandaryne getoon is om net so sterk teen mense op te tree wat nou vir allerlei vorme van korrupsie gevang word soos wat daar teen dronkies opgetree word wat gefrustreerd weens die inperkings, hardekoejawel met die dienders en dragonders raak.

Volgens minister Nkosazana Dlamini-Zuma is daar sedert die inperking begin geld het ’n afname in misdaad in die land. Maar daar is darem ook oor genoeg nuusberigte oor voertuie wat kos vervoer wat geplunder word en sakeondernemings, insluitende drankwinkels, wat ook onder plunderaars deurloop. Drank en sigarette wat gesmokkel word, begrafnisgangers wat hulle aan elke inperkingsreëls afvee, selfs predikante wat boetes weens dié oortredings op die lyf geloop het en verskeie mense wat nou reeds gevang is weens die vervalsing van uitsonderingspermitte.

Nkosazana Dlamini-Zuma (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Vanoggend word berig dat Dlamini-Zuma in elektroniese kontak met die Nasionale Raad van Provinsies aangedui het dat die inperkings moontlik langer vir Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap sal geld as vir die ander provinsies. So iets mag dalk vanuit die bekamping van die Covid-19-pandemie sin maak, maar sou sy namens die regering gepraat het, moet ernstige vrae gevra word oor die kundigheid oor ekonomiese geografie. Om maar één voorbeeld te noem, deur Alexander se formules te gebruik kan duidelik gesien word hoe groot die impak van groot ekonomiese groeipunte op lewensvatbaarheid van gemeenskappe landswyd is. Johannesburg en omgewing se impak op die ekonomie van ’n plekkie soos Luckhoff is byvoorbeeld baie groter as die invloed van Bloemfontein.

Word Gauteng en die ander twee provinsies se impak gestuit, gaan baie bedrywe in die ander provinsies oor ’n wye front noustrop trek. Volgens Facebook-inskrywings en ander bronne is daar ’n enorme behoefte aan drukkersink. Daarsonder kan onderwysers bitter moeilik hul werk doen, prokureursfirmas word erg gehinder met verskeie staatsdepartemente wat bykans tot stilstand gedwing word. Hoeveel nasionale staatsdepartemente sal behoorlik kan funksioneer as hul hoofkantore in ’n ingeperkte provinsie geleë is?

Donderdag is D-dag wanneer Suid-Afrikaners meer detail sal kry oor hoe die jongste planne wat deur die president aangekondig is, in die praktyk uitgerol gaan word.  Sal die duidelike krisis wat aan die ontwikkel is oor die verbod op die verkoop van warm kos wat pas deur Dlamini-Zuma vererger is, dan al uitgesluit wees?

In ’n nuwe ontleding oor die proses om die inperking na oplossings te bestuur meen die voorsitter van die FW de Klerk-stigting, dr. Theuns Eloff, dat ’n onbelemmerde ingrendeling die land net dieper in die ekonomiese moeras sal intrek. Sy stuk is duidelik geskryf voor gister se toeligting deur Ramaphosa, maar dit neem niks weg van onduidelikhede en ondoeltreffende maatreëls wat tot dusver soos vlieë in die salf was nie: “To put it mildly, this was a colossal disappointment. How can the recovery of the economy and the prevention of further job losses and poverty count for so little? What is behind this apparent illogical (and some would say foolish) decision?”

Dr. Pieter Groenewald, leier van die Vryheidsfront Plus, het ook sekere bedenkinge in sy reaksie op die president se toespraak. “Die VF Plus stem saam met die benadering van terugfasering van die ekonomie gegrond op ’n risiko-analise van verskillende sektore. Dit is die logiese benadering om te volg na die stappe wat geneem moes word om die pandemie plaaslik te benader. Die party staan ook by sy standpunt dat geen hulp aan bemagtigingsvoorwaardes gekoppel mag wees nie. Gelykheid moet geld. Die detail oor lenings aan sakeondernemings ontbreek grootliks en dit is nie duidelik wat die terugbetalingsooreenkoms hiervan gaan behels nie. Aspekte soos die rentekoers en of dit op ’n uitgestelde terugbetalingsgrondslag gaan geskied, is nie bekend nie.”

Die Nederlandse premier, Mark Rutte, het sy toespraak oor teikendatums soos volg begin: “Ons staan voor duiwelse dilemmas.”

Miskien meer vanpas vir Suid-Afrika: “Vertrou op die goeie leiding van God, jou Herder. Wanneer die rus verdwyn en die skape honger word, kan ons eenvoudig vertrou op die Herder wat die pad na die volgende rusplek ken.” (Prediker vd GKSA onbekend.) Lees gerus Hebreërs 6: 12: “Julle moet dus nie traag word nie, maar die voorbeeld navolg van dié wat deur geloof en geduld deel gekry het aan die dinge wat God beloof het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Wilhelm ·

Ek voel nie dis ‘n stap in die regte rigting nie. In plaas van Cyril se ‘biljoen hier, biljoen daar’ sou ek dit baie meer waardeer het as hy gesê het ‘kom ons begin so gou moontlik werk op ‘n manier wat steeds die virus stadiger laat versprei’. Hulle kon ook meer mense werk laat behou as hulle toelaat dat besighede floreer deur byvoorbeeld belasting te verminder. Die probleem met geld leen en uitdeel, is dat daardie geld iewers moet terugbetaal word, en met ‘n Rand wat heeltyd verswak kan die lenings vir ons nog groot probleme bring.

Nie Verbaas ·

Die vraag hoekom nie n enkele persoon wat verantwoordelik was en is vir plundering nog nie agter tralies is nie word deur buitelandse beleggers gevra. SA soek nog beleggers by buitewereld sonder n bewys van enige aksie teen plunderaars. Hoekom Zondo kommisie? Miljoene word gemors. Kla skuldiges aan en laat mense in n hof getuig.

Willem ·

Dis goed om tesien die VF is nog in die land. Die DA is doodstil. Dievoorstelle wat die EFF en Cosatu maak word geimementeer ( all pay) wat net na een gedeelte van bevolking gaan. Dit wat oor is val in ANC se sakke

Jacobus ·

Positiewe geluide. Maar sien hoe korrupte kaders se handjies begin jeuk. Baie sinies maar werklikheid.

Martie Smartie ·

Ramaphosa gebruik terme soos ‘radical economic transformation’ en ‘new economy’ – dis vir my duidelik dat hierdie hele hulppakket, insluitend die leningskema waarvan die groot banke deel is, gemik is op swart maatskappye en besighede. Hierdie is die ANC se twee vlieë met een klap – bevoordeel swart besigheid op groot skaal onder die dekmantel van pandemie hulppakket. Gaan kyk maar watter persentasie van bevolkingsgroep kry SASSA toelaes. Boonop ontplooi Ramaphosa die ganse aktiewe komponent vd SANW – daar is een week oor v lockdown maar nou wil hy dit doen – waarom? Wat gaan hulle doen?

Stefan ·

Die kans dat die koruptes hierdie geleentheid laat verbygaan is NUL!

Sarel ·

Hulppakette is een ding maar.om dit doeltreffend te bestuur is ander ding.
1. Ons weet al wat die beleid in dievland is nl.
A) hoeveel.vat ek vir myself
B) Hoeveel het my familie nodig
C) Hoeveel. Bly oor en hoe deel ons ditv uit sodat ons as diec” Angeles” gesien kan word.

Erich ·

Ek voorspel dat oor n maand moontlik is dat die burgermeesters, ministers ens nuwe motors gaan ry,
reise onderneem word om oorsee te gaan kyk hoe munisipaliteite behoort te werk.Riool nog steeds in riviere gaan loop en ons massiewe krag onderbrekings gaan he sodra besighede weer aan die gang kom

Jaco ·

Verleng inperking in die 3 provinsies waar toevallig die meeste wit mense, kleurlinge en Indiërs woon…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.