Sedert die naweek neem die aantal nuwe gevalle van Covid-19 wat daagliks gediagnoseer word toe.
Lees meerAlles vir Woensdag 22 April 2020
6 vas vir moord, ontvoering
Dlamini se familie het bekommerd geraak toe hy nie Saterdag huis toe kom nie en besluit om ondersoek in te stel.
Net stywer getrek om oortreders in tronke
Die departement van korrektiewe dienste ondersoek ook gevalle waar tronkbewaarders betrokke is by smokkelary.
Brand SA skors raadslid wat glo partytjie hou
Dié ANC-raadslid word tydelik geskors hangende die uitkoms van ʼn ondersoek na moontlike wangedrag en die skending van Brand South Africa se naam.
DA-leier in sop oor twiet van presidensiële brief
John Steenhuisen het ʼn brief van die president oor die ontplooiing van die weermag getwiet.
Hoër onderwys sál vanjaar voortgaan – minister
Die minister het verskeie voorstelle gemaak, insluitend die gebruik van aanlyn en afstandsonderrig vanaf 4 Mei vir universiteite en TVET-kolleges.
ToekomsVenster: Bid vir die owerheid
Dit mag nie die regering wees wat ek gekies het nie maar solank dit die regering is moet ek vir hulle bid. Dalk is dit tyd om ʼn oomblik stil word en te bid soos die Here dit van ons vra.
Afsondering: Misdaad neem drasties af
Moordsake het met 72% afgeneem in vergelyking met dié tyd verlede jaar.
Kenners stel nuwe ekonomiese strategie voor
“Die strategie gaan heelwat bydra om ekonomiese ineenstorting, maatskaplike onbestendigheid en armoede in Suid-Afrika te voorkom.”
Talle werkplekke nie bestand teen Covid-19
Derduisende werknemers word reeds deur die Werkloosheidsvergoedingsfonds (WVF) ondersteun weens korona-verwante afwesigheid van die werk.
‘Die Oorwurms’ bied vars oudio-stories, musiek vir kleuters
Elke storie bevat ʼn bypassende liedjie, feite en aktiwiteite soos inkleur en luisteroefeninge. “Dit is speels, kleurvol en eenvoudig.”
Covid-19-samevatting: Lesotho verleng afsonderingstydperk
’n Tweede golf Covid-19-gevalle kan die VSA tref.
Boere by veiling met inhegtenisneming gedreig
“Een van die boere móét teen môre ses beeste verkoop om uitgawes soos lone en elektrisiteit te betaal.”
Die wêreld in foto’s – 22 April 2020
Só lyk dié voormalige kwarantyn-eiland tydens die Covid-19 pandemie.
Veldtog voorsien ouetehuis van noodsaaklike skenkings
“Elke bydrae, van individue en besighede tot organisasies, word uit ons harte waardeer. Dit maak ons taak om verseker dat ons bejaardes op hulle oudag goed versorg word, beslis ligter. Ons bedank elke Suid-Afrikaner wat die veldtog ondersteun.”
Facebook-groep bedank noodsaaklike werkers
“Ek wou dit begin net om positiwiteit in die gemeenskap in te blaas, maar ook om pertinent vir hierdie mense dankie te sê.”
Polisie rand man wat afsonderingsregulasies oortree glo aan
Hy gebruik tans medikasie teen angs, sukkel steeds om te loop en sy een oordrom het gebars.
SA gons oor onblusbare talent op sosiale media
“Dit is belangrik dat ons mekaar aanmoedig, inspireer en opbou, want positiwiteit kweek positiewe gedagtes en bou gemoedere op. Ons het ’n unieke passie vir ons taal en kultuur. Kom ons blaas hierdie passie aan om groter en wyer te brand.”
#JongStemme: ‘Alles sal regkom’
Néé, niks sal regkom, tensy ons dit nie self reg maak nie, skryf Lucas Janse van Vuuren.
Talle vas ná diefstal by skole
Toerusting van duisende rande is gebuit en groot skade is ook aangerig.