Covid-19 eis nóg sewe in SA

Covid-19 het nóg sewe lewens in Suid-Afrika geëis. Die totale getal Suid-Afrikaners wat met Covid-19 gediagnoseer is, het teen Woensdag op 3 635 te staan gekom. Dis is ʼn toename van 170 gevalle, of 5% sedert Dinsdag. Sedert die naweek neem die aantal nuwe gevalle van Covid-19 wat daagliks gediagnoseer word toe.

Sewe nuwe sterftes is boonop aangemeld, waarvan vyf in die Wes-Kaap en twee in KwaZulu-Natal. Die geslag en ouderdom van dié slagoffers is nie bekend nie. Daar het dus tot op hede 65 mense weens Covid-19 gesterf. Dit volgens syfers wat Woensdagaand deur die departement van gesondheid bekendgestel is.

In die afgelope 24 uur alleen is 6 868 nuwe toetse vir Covid-19 uitgevoer. Dit beteken nagenoeg twee uit elke 100 mense wat getoets word, toets positief vir die virus. Gauteng is steeds die provinsie met die meeste gevalle (1 224). Die grootste styging (87 nuwe gevalle) was egter in KwaZulu-Natal, van 671 tot 758. Die Wes-Kaap se getalle het die tweede grootste styging getoon (69 nuwe gevalle) van 1 010 na 1079 nuwe gevalle. Mpumalanga, Noordwes, Limpopo, die Vrystaat en die Noord-Kaap het geen nuwe gevalle aangemeld nie. In die Oos-Kaap is 32 nuwe gevalle aangemeld.

Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het vroeër Woensdag verduidelik dat dié wat reeds Covid-19 onder lede gehad het, nie sommer weer die virus sal opdoen nie. “As jy eers genees is van die virus, sal jou liggaam immuniteit daarteen ontwikkel. Die probleem is dat hierdie ʼn nuwe soort virus is en in baie gevalle ʼn erge invloed op die mense het wat dit opdoen,” het Mkhize op Twitter gesê.

Hy het ook benadruk dat nog geen entstof of teenmiddel teen die virus bestaan nie. “Sodra dit bestaan, sal dit aan alle Suid-Afrikaners beskikbaar gestel word.”

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Willem ·

Die syfers word gemanupileer om die inperking te verleng. Let op dit word stelselmatig opgestoot tot die president weer praat. Daar word 70000 ongewapende troepe ontplooi vir wat. Dis nou duidelik wat die ANC beplan. Vernietig die ekonomie en begin n nuwe een met BEE

Die Wolf ·

Ek weet nie waar jy woonagtig is nie. Maar die plundery ruk nou hande uit want die kriminele element weet dat hulle beskerm word. Die polisie wil nie optree nie want dan word hulle uitgekryt. Toegegee daar is ook n kriminele element onder hulle. Ek is n voorstander van die ontplooing, aangesien die onwettigheid nou gestop moet word. Indien dit sou aangaan is ons voorland totale anargie. Ons moet met volwassenheid na die hele opset kyk. Nie een van ons hou van die inperking nie, maar die groter prentjie is belangriker.

lekkerdink ·

ek wonder met wat gaan hulle dit begin. seker klippe .

Leetjie ·

Dit is moeilik om nie negatief te raak nie, maar n mens kan nie help om te wonder of die getalle nie wel gemanipuleer word nie.Probleem met afsondering, hoe lank is dit moontlik om almal in afsondering te hou? Ons ekonomie was n probleem voor korona, ek wil nie eers weet hierna nie.Ons kan nie vir ewig vir hierdie siekte wegkruip nie.

Die Wolf ·

As daar n kuur vir dit was, sou daar geen inperking gewees het nie. Ons kla met n brood onder die arm.

gatgogga ·

“…..hoe lank is dit moontlik om almal in afsondering te hou? ”
Tot dusver was dit nog nie moontlik om afsondering toe te pas nie. “Our people” weier om saam te werk.

Kattebol ·

Die getalle in SA rakende covid-19 besmettings maak geen sin nie. En dan gee die minister van gesondheid ons die versekering dat jy immuun raak daarteen wanneer jy dit gehad het, terwyl geen viroloog of epidemioloog nog kon sê wat die geval sal wees nie. Almal wat geïnfekteer is moet seker SA besoek om immuniteit te kry! Hoe stupid dink die minister is ons?

Jaco ·

Ek kan verstaan as die eintlike doel van die inperking is om wit besighede finaal te kelder. Dis seker maar deel van die ewige “straf” vir apartheid. MAAR swart besighede gaan mos ook seerkry. En daardie hulpfonds vir daardie besighede gaan mos op raak.

Kosie ·

Hierdie syfers beteken vir my niks. Wat ek wil weet is:
1) Wat is die gemiddelde ouderdom van die mense wat sterf.
2) Wat is die median ouderom van die mense wat sterf.
Ongelukkig word die syfers doelbewus bedrieglik voorgehou, anders sal almal kan sien dat dit een groot klug is.

Ronel ·

Die getalle wat wel bekend gemaak is vroeër die week is baie bedrieglik. Daar is bv geen gevalle tussen die ouderdomme van 41-50 nie?

Willem ·

Gewonder of ons dalk n minister het wat self kan dink en besluite neem. Hulle is hopeloos verby, luister vir EFF en Cosatu wat nog erger is. Nee wat hul speel n spel wat die DA en VF te laat gaan snap.

PH ·

Immuun as jy dit gehad het?? Tenspyte van wat die kenners sê?
Die virus beter gehoor gee want die agbare Mnister het gepraat!

PH ·

As ek sou sê jy is immuun nadat jy dit gehad het, sal ek seker aangekla word vir die verspreiding van “vals nuus”

Piet ·

Daar is twee dinge wat my pla:
1) Die syfers wat verskaf word is verseker nie geloofwaardig is nie.
2) Die sogenaamde “screening” is ‘n groot klug. Ons ken die mense se vrees om hospital toe te gaan. Ek sal verseker nie sê as ek iets makeer nie, want dan word ek na een van die staatshospitale toe gestuur vir aanhouding.

007 ·

Mkhize praat nonsens. In USA en Engeland is paar mense vir die tweede keer positief getoets meer as n maand nadat hul negatief getoets was. Maw jy kan dit meer as een keer kry.

Mieke ·

En hoeveel van hierdie toetse het in die eerste plek ‘n ware weergawe gegee van die werk like toets wat gedoen is? Ek het gehoor dat ‘n baie groot % van hierdie toetse in elk geval nie werk nie – dit kom van China af… SA het ook seker daardie toetse gebruik. Hoe akkuraat is ons statistiek? Wonder maar net!!

Albert Güldenpfennig ·

Die aantal nuwe infeksies wat elke dag positief toets vir die totale nuwe toetse wat dieselfde dag gedoen is, is gemiddeld vir die laaste twee weke ongeveer 2,6% per dag, d.w.s vir elke 1000 toetse wat daardie dag gedoen is, is daar gemiddeld sowat 26 nuwe bevestigde infeksies. Vir die 6868 nuwe toetse wat gister bekend gemaak is, is 170 nuwe infeksies bevestig. Dit is 2,47%. Die vorige dag was dit 165 uit 5427 nuwe toetse (3,04%) en die dag voor dit slegs 2,09% (142 uit 6799 toetse). Sou die aantal toetse per dag na 10 000 vermeerder word, kan sowat 200 tot 300 nuwe infeksies per dag bevestig word. So kan die aantal nuwe bevestigde infeksies per dag dramaties opgestoot word met sowat 26 meer as die vorige dag deur net elke dag ongeveer 1000 meer toetse te doen as die vorige dag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.