ToekomsVenster: Bid vir die owerheid

(Foto: Ben White/Unsplash.)

Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid. – 1 Timoteus 2:1-2

Om ʼn land te regeer is nie ʼn geringe verantwoordelikheid nie, veral nie wanneer die hele wêreld op sy kop gekeer word soos tans nie.

Dink aan die staat van inperking as voorbeeld, veral die verlenging daarvan. Daar is ʼn veelheid van stemme wat glo dat die saak op ʼn ander wyse benader kon word.

Die ekonomie is onderstebo en die armes verarm verder. Die virus word dalk heeltemal oorskat veral as gedink word aan die groot hoeveelheid mense wat jaarliks in Suid-Afrika aan HIV/Vigs en TB sterf.

Padongelukke maai onder mense om nie te praat van die meer as sowat 57 mense wat op daaglikse basis in Suid-Afrika vermoor word nie.

Sou dit nie beter wees om die virus sy gang te laat gaan en wat genoem word ʼn groepsweerstand op te bou nie.

Ander weer sou redeneer dat die tyd van inperking eerder verder verleng moet word. Veral die polisie en weermag loop deur omdat hulle mense intimideer en onskuldige mense in die tronk stop.

Ek stry nie met enige van hierdie standpunte nie, ek probeer maar met demonstreer dat mense uit huis uit krities is sonder dat hulle begin het waar die Bybel sê dat jy moet begin nie. Die aangehaalde teks sê met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir die wat regeer en almal wat gesag uitoefen. Voel vir my die teks sê jy kan nie kritiseer as jy nie eers gebid het nie.

Voel vir my die teks sê die onstuimigheid wat ons somtyds beleef met ons biddeloosheid mag saamhang. Voel vir my dat ons skaam moet wees omdat ons dalk ons verantwoordelikheid teenoor die regering van die dag verontagsaam het. Paulus leer immers dat gesag van God is en respekteer moet word.

Dit mag nie die regering wees wat ek gekies het nie maar solank dit die regering is moet ek vir hulle bid.

Immers, God het kinders in alle strukture, soos in die dae van Elia en die Godvresende Obadja wat aan ʼn heidense huishouding en koninghuis verbonde was.

Dalk is dit nou tyd om ʼn oomblik stil word en bid soos die Here dit van ons vra.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Michael 1 ·

Ek stem nie saam die anc regering diskrimineer teen my en my kinders omrede ek wit is ,hulle skrap hulle diskriminerende wette en ek sal dan kyk of ek hulle sal aanvaar as my regering op hierdie stadium sien ek hulle as “a oppressive regime”

Raadslid ·

Die SA regering is ‘n regering van ongeregtigheid wat nie die pad van Jesus Christus stap nie. Is om vir hulle te bid nie dieselfde as om ‘n R200 noot aan die buitekant van my hek te plak en te bid dat dit nie sal wegraak nie?

Yvonne ·

Here Jesus al weet ek nie wat in die toekoms vir my wag nie weet ek dat U in beheer is..Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.