Nuuskommentaar: Wat leer ons uit oorlog teen burgemeesters?

solly-msimanga-04

Solly Msimanga, die uitvoerende burgermeester van die Tshwane-metro. Argieffoto via Facebook

Feitlik daagliks is daar nou berigte dat die tegnokrasie ingespan moet word om gebreke in lande, ook Suid-Afrika, se regeervermoë aan te spreek.

Solank die tegnokrasie nie op sy eie bene probeer staan nie, kan dit sekerlik verwelkom word. Die tegnokrasie staan immers nie weg van demokrasie nie, dit wil dit bloot heel, ’n handves van menseregte en geen ruimte vir korrupsie nie.

Die begrip “tegnokrasie” is al verskeie kere in die nuuskommentaar op Maroela Media onder die loep geneem. En nie om dowe neute nie; die begrip word ruim onder die loep geneem, ook deur mense wat geen benul het wat dit is nie, maar die manifestasie bespreek sonder om ’n naam daaraan te (kan) koppel.

’n Ou-ou verskynsel gee belangrike leidrade. Van die ou Atheense stadstate het demokrasieë geword – weliswaar in vandag se terme erg gebrekkige demokrasieë.

Die demokrasieë het dus ook gebrekkige vertroue by die publiek ingeneem, en in tye van oorloë is die demokrasieë gepos, en diktators gekies om die betrokke stad ten beste deur die oorlog te lei. In ’n tegnokrasie word die leemtes in die regering geïdentifiseer en daardie leemtes deur tegnokrate (die beste kundiges vir die werk) vervang.

Hoewel dit gewoel het op die terrein van tegnokrasie sedertdien, was dit baie minder prominent tot in die koers van 2012. In daardie jaar draai die akademikus Jouke de Vries nie doekies om oor die posisie in Nederland nie. Sy uiteensetting oor die “opmars van die tegnokrate” word omvattend en baie leersaam in Trouw hier uiteengesit.

Ook in Maroela Media se nuuskommentaar is daar destyds, deur van onafhanklike bronne gebruik te maak, die vraag gevra of die tegnokrasie kan oorleef? Na aanleiding van die krisisse wat Italië en Griekeland ná die Wall Street-krisis beleef het, word weer eens gewys hoe daar deur tegnokratiese ingryping tot lande se redding gekom kan word.

De Vries word soos volg aangehaal: “De democratie zal tijdelijk worden afgelost door de technocratie. Dat houdt in dat apolitieke ambtenaren, ondernemers en professoren steeds meer tot regeringen zullen toetreden.“De opmars der technocraten was het eerst te zien in Italië. De begrotingsproblemen waren zo groot dat de clowneske premier Berlusconi onder druk van de internationale rating agencies werd weggestuurd. Mario Monti werd zonder verkiezingen zijn opvolger. De benoeming van deze technocraat leidde onmiddellijk tot een groei van het vertrouwen in de Italiaanse instituties. De hoop is dat er nu sneller besluiten kunnen worden genomen.”

(Die demokrasie moet nou eers trustaan en daar moet gehoop word dat die benoeming van die tegnokraat Monti in die plek van die naragtigtige Berlusconi tot die vinniger neem van besluite sou lei).

Juis gister is daar verskeie aanhalings in Maroela Media se nuuskommentaar wat min of meer dieselfde scenario en oplossing vir Suid-Afrika belig, en dit val boonop saam met die mislukte poging van die EFF om ’n mosie van wantroue teen die Tshwane-burgemeester, Solly Msimanga, ingestel te kry.

Die eerste twee sake is dat die menseregtekommissie bevind het regstellende aksie, soos deur die regering toegepas, ongrondwetlik is, en dat die staatskapingsondersoek min aan die verbeelding oorlaat.

Byna daagliks kan ’n mens nou ’n gepubliseerde opmerking van ’n analis teenkom, wat die versugting uitspreek dat kundiges in die plek van onbevoegde kamerade, boeties en ander aangestel kan word. Sommiges mag daarvan bewus wees dat hulle eintlik ’n lansie vir die tegnokrasie breek, ander voel moontlik bloot die noodsaak aan.

Vele meen dalk dat hulle met die verkiesing van mnr. Cyril Ramaphosa as president die beste van twee wêrelde gekry het – iemand wat so demokraties as moontlik binne die raamwerk van die grondwet verkies is, en iemand wat, so word geneem, die beste kundige besluite in die land se belang kan neem.

Hy het egter met die skynbare entoesiastiese omarming van die kwessie van onteiening sonder vergoeding baie van hierdie vertroue geknou, en toe daar ook afkeuring uit die buiteland getrumpetwiet word, is die stel van gerusstellende voorbehoude versnel. Maar soos klokslag sink dit by die teenstanders van die regeringsvoornemens in dat die gerusstellings nog nie genoeg is om die ekonomie te red nie.

En dus sal die (moontlik onbewustelike) soeke na tegnokrate in Suid-Afrika ook hierdie skool van kenners hier in opmars plaas.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

4 Kommentare

marous ·

Dat hulle miljoene in goue handdrukke kry en nooit verantwoordelik gehou word nie .

Paul ·

Cyril Ramaphosa sal nou vir ons beduie hy is nie slegs ‘n Afrika Demokraat nie, maar hy is ook ‘n Afrika Tegnokraat, alhoewel hy ook ‘n sosialis is en dan is hy ‘n kapitalis van nature.

Dan, Stephen Friedman van Johannesburg universiteit sê mos vanoggend in ‘n artikel op Netwerk24 dat Trump se twiet het weinig met grond te doen, maar eintlik met wit vrees.

Paul ·

Onthou nou net ANC is in beheer, die land is aan hulle geskenk, en ongeag FW se wigte en teenwigte kon hy geen waarborg gee dat die ANC opgewasse vir die taak sou wees nie.

Paul ·

Met ander woorde FW en Roelf het daardie tyd die begrip ‘tegnokrasie’ nie geken nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.