Tekenprent: Verwoestende brande duur voort in Australië

Stuart Branch van die Wêreldnatuurlewefonds (WWF) het aan Sky News gesê ’n miljard diere kan moontlik in die verwoestende brande omkom, met talle wat selfs ná die brande geblus is in die komende weke sal doodgaan. Dit sluit soogdiere, voëls, reptiele, vlermuise en insekte in.

“Diere wat deur die brande kom, sal in die volgende weke en maande aanhou sterf weens dehidrasie, hongersnood en siektes. Hulle gaan ook makliker prooi vir wilde katte en jakkalse wees,” het hy gesê.

Sue Ashton, direkteur van die land se enigste Koala-hospitaal in Port Macquarie, beraam dat tienduisende koalas in die land omgekom het. “Slegs in ons gebied het honderde koalas reeds omgekom. In ‘n klein gebied, waar ons die bevolking al vir lank dophou, het 350, of tweederdes van die bevolking, reeds omgekom,” het Ashton Maandag aan die dpa-nuusagentskap gesê.

Tekenprent deur Jerm

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ida Kriel ·

Dit is n tragedie. Ek huil en voel fisies siek oor hierdie brande wat ongenadiglik voort gaan om natuur en dier te verwoes. Ag Vader wat het die mensdom verkeerd gedoen dat hierdie diere so moet ly en sterwe. Dis mos wreed en so onnodig. Die diere is so onskuldig. Ek is verby verstom en het nie woorde nie. Niks kan hul pyn verlig nie. Mag die hemel oopgaan en vloede water op die brande gooi om dit te stop.

JZ ·

Hoe is dit moontelik dat AUS grooter as die helfte van Afrika aan die brand is ?Hoe onstaan die brande ?Daar moet n rede wees,is dit omdat dit so droog is of omdat dit so warem sommer is. Is daar iemand wat ons kan inlig.n mens voel so magteloos hoop daar kom n oplosing vinnig.

JP ·

Australia arrests 183 for setting bushfires that celebrities claim were caused by climate change. In November, a teenage volunteer firefighter from New South Wales was charged with setting 7 bushfires in the region, and then returning with his brigade to fight them. Apparently, he has set 17 fires, and the pyromaniac has now been barred from access to any firefighting equipment.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.