Watter soort ‘Black Lives Matter’-druk kan SA uit VSA verwag?

(Foto: Aarón Blanco Tejedor/Unsplash)

Terwyl die ANC en ander wesenlik uitsluitlike swart politieke partye ál meer blatant die VSA in die tande skop en na China uitreik, en sodoende gevaar loop om die milde voordele van die Agoa-ooreenkoms te verbeur, is daar veral onder die swart elite hier ook ’n gier om te veryankee. Maar dit is nie net die mooi en onskuldige dinge wat soos masels hier te lande as modegiere uitslaan nie.

’n Paar jaar gelede was daar ’n hewige storm toe wit studentemeisies as deel van studentepret hul gesigte swart gemaak het, maar geen benul gehad het dat hulle daarmee aanstoot gee nie. Die reaksie was egter dat wat hulle gedoen het, onvergeeflik was en dat hulle behoorlik gestraf moes word.

Die herkoms vir hierdie blinde vergeldingsdrang is ook in die VSA te vinde – uit die tyd toe swart mense verbied is om in opvoerings saam met wit mense op te tree. Die rolle van swart mense moes ook deur wit mense gespeel word wat hulself as swart moes “opmaak”. Die prominentste swart vernedering was dat hierdie wit mense ook nog die swart mense se spraak en ander maniertjies moes namaak, maar dit dan oordrewe gedoen het. Blackfacing het as een van die uiterste vorme van vernedering van swart mense ontwikkel, maar dit was maar aan min wit Suid-Afrikaners bekend.

Denke, wat in wese niks anders as rassisme aan die ander voet is nie, het ontstaan, en na Suid-Afrika oorgespoel. Sommige konsepte, soos die erg rassistiese stelling dat swart mense per definisie nie rassisties kan wees nie, het Suid-Afrika via die Frans-Karibiese geweldsfilosoof, Franz Fanon, en die swart bewussynsbewegings bereik.

Die gevolg van hierdie denke wat oorgeneem is in Suid-Afrika is dat daar vandag institusioneel erg teen wit mense gediskrimineer word. In die proses word internasionale verdrae wat Suid-Afrika sedert 1994 behoorlik onderteken het, asook geratifiseer en deur albei huise van die parlement laat goedkeur het – en wat bepalings bevat soos dat daar nie kwotas mag wees nie, dat “affirmative action” ’n sonsondergangsklousule moet hê en dat geen grondonteiening sonder vergoeding mag plaasvind nie – geïgnoreer en belastingbetalers se geld selfs gebruik om die regering se blatant rassistiese planne in die hof te verdedig.

Om die volle spektrum van rassisme vierkant in die oë te kyk, beteken egter nie dat ’n mens die dood van iemand soos George Floyd kan goedpraat nie. Maar so lyk dit, as ’n swart mens die slagoffer was, is dit te verstane as swart mense nie net begrip het vir die gevolglike oproer, plundering en selfs lewensverlies nie, maar dit ook goedpraat.

Wat kan Suid-Afrika vorentoe te wagte wees, as veral die president self die Grondwet en sy ampseed periodiek in die wind slaan en radikale uitsprake maak? Die Amerikaanse politieke kommentator, Michelle Malkin, skryf soos volg oor die gebeure in die artikel, “The monumental campaign to #Cancel America”: “Oor ons geplunderde vlaktes is standbeelde beleër, verpletter, gespuitverf … In die naam van sosiale geregtigheid sien ons die stelselmatige uitwissing van die geskiedenis. Skynheilige vigilantes sal nie rus totdat alle monumente van die Westerse beskawing val nie. Dit maak nie saak of die teikens hulle skuldig maak aan die uitgediende ou aanklagte van patriargale onderdrukking en institusionele rassisme nie. Dit maak net saak dat marmer en graniet wat hulde aan dooie wit mans bring, vervang moet word met sierlike muurskilderye met ‘Black Lives Matter’ en St. George Floyd-altare.”

Malkin se frustrasie met dié onewehandigheid kook behoorlik oor: “Daar is triljoene belastingdollars bestee aan Amerika se oorlog teen armoede. Ons het vier dekades van regstellende aksie gehad. Dit is egter nooit genoeg nie. Die huidige president het hervorming van strafregspleging gevier, die put wat geld insluk, ‘Opportunity Zones’ uitgebrei, die finansiering vir historiese swart kolleges en universiteite vergroot, en eindelose obsessies oor die ‘swart werkloosheidsyfer’ gekoester … Maar dit is nog steeds nie genoeg nie. Die monumente moet val.”

Suid-Afrika het ook reeds die skerp kant van die “beelden-stormloop” beleef, en in hierdie dae word die oudpresident van die Vrystaat, pres. MT Steyn, se standbeeld van die UV se kampus na die terrein van die Vrouemonument verskuif. Dis darem waardiger as die lot van oudpres. Blackie Swart wie se standbeeld onwaardig in ʼn visdam gegooi is.

Malkin vervolg met ’n lang lys van soortgelyke optredes.

Vanoggend maak Rasmussen ook die uitslag van ’n nuwe peiling oor die gewildheid van die slagspreuk, Black lives matter, bekend. Ná die Floyd-voorval het steun hiervoor tot 62% onder Amerikaanse kiesers gestyg, met 32% wat dit nou as baie positief beskou. Vier jaar gelede het dieselfde bewoording getoon dat 49% van die wit mense die slagspreuk aanneemlik gevind het, met 28% wit mense wat baie positief daaroor gevoel het. Let wel, met die mees onlangse peiling is die menings van alle rasse getoets, met die vorige slegs die menings van wit mense.

Suid-Afrikaners, wit en swart, moet leer dat onewehandigheid self rassisties is, en dit laat die land verder sink in die moeras as die regering self die ongelykheid amptelik steun. Wat die kroon span, is uiteraard dat ons eie Menseregtekommissie die voorbok is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Magda ·

ALL LIVES MATTER- Doesn’t matter your skin color – but that is the only excuse the ANC can use for their uneducated people in the Government – or do not care people – only themselves matter.

Nie Verbaas ·

En wat van wit plaasmoorde? ANC kan n kite gaan vlieg.

koos10 ·

Ek weet net nie of SA voor of agter die tyd is nie. Sien gisteraand op die nuus dat Engelse studente met ‘n Rhodes must fall veltog begin het. Die EFF verkondig al vir jare dat Black lives matter.
Lyk my SA kan trents begin, maar ongelukkig negatiewe trends. Plaas ons begin met Famers lives matter, maar nee dit pas nie in die prentjie nie, want ou Cyril het mos gesê dat daar nie plaasmoorde in SA plaasvind nie.
Dat die hele wêreld aan gaan oor die dood van een mens (met blykbaar ‘n lang misdaad geskiedenis) maar ‘n veer voel vir die mense in ons land wat ons land en die wêreld moet voed, en waar 4 in ‘n week vermoor word, is my gat se deksel.

Blikkantien ·

Wat as ‘n wit persoon ‘n m@ndela beeld in ‘n visdam sou gooi omdat hulle hom as ‘n terroris sou sien

Daleen ·

Net ‘n regstelling die meisies se gesigte was PERS geverf gewees. Ek giggel elke keer as ek my gesigmasker gebruik – dit is pikswart – ek sal so diep in die moeilikheid wees as iemand ooit’ n foto moet neem – en dit heeltemal onskuldig. Snaaks pla my nie dat swart mense hulle velle bleik om witter te lyk nie. ????

koos10 ·

Daleen, daar was 2 mans studente wat hulle swart geverf het en soos die William susters na ‘n partytie toe gegaan het. Jy is reg met die bleik ding maar hier in Pretoria is hier straatbedelaars wat hulle gesigte wit verf, en weet jy wat, ek het die MRK nog nie ‘n woord daaroor hoor sê nie

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê Daleen

Daar was twee sake in Suid-Afrika: Die eerste was toe twee Tukkie-meisies hul gesigte swart gemaak het. Die geraas was nog aan die gang toe word twee meisies van die Universiteit Stellenbosch (US) ook verkla omdat dié twee meisies hulself as ruimtewesens met pers gesigte voorgestel het. Die studente van die US is na ‘n lang ruk vrygespreek.

Groetnis
Esté Meyer Jansen namens Maroela Media.

Cherokee ·

Ek het dit ook opgemerk. Hul gesigte was pers geverf.
By kleurlig sinjale staan heel dikwels swartes met gesigte wit besmeer.

Werner ·

Hulle kan die EFF en BLF aanspoor om n rewolusie te ontketen sienende die uitsprake van ou CR wat al soos die EFF begin klink dink ek hier kom nog lekker moeilikheid

Pierreli ·

Werner, hy klink nie soos hulle nie, hulle almal is presies dieselfde.

JohanR ·

Ek wonder net of ek julle kan verwitig van wie gee geld vir daai wonderlike organasasie die Nelson Mandela Stigting. Ja daai een wat dit reg rekry het om die ou lands vlag heeltemal verban te kry. Daar is organasasies soos Absa, Standard Bank, Stad Kaapstad, Johannesburg en Tshwane, SAL, LMSA(Acsa), Vodacom, VW, Discovery, AirBnb, Uber, Facebook, South African Mint, Anglo Gold Ashanti, South African Football Association, UNICEF, USA Embassy, Coca Cola, Pepsi Co, George Soros, die IDC, eNCA, Audi en die SAUK. Van die grootes is Bill Clinton, Bill en Melinda Gates, Motsepe Stigting en Tokyo Sexwale. Hier is ook nie almal genoem nie want ek sal heeldag tik. SAL en SAUK is bankrot maar gee nog geld, ons geld, aan die rasistiese organasasie! Ek dink Nelson Mandela sou skaam gewees het.

Pierreli ·

Johan, hulle almal is deel van die groot poppespel. Kyk na wie is die eienaar val al die poppe.

Pieter ·

Ek is al soooo moeg vir die holrug-geryde storie. Dit het niks met enige mense se lewens te doen nie, maar het alles met politiek te doen en hoe politici dit kan misbruik vir eie gewin.

pokkel ·

ek sien selfs baie mense wat voorheen erg gekant was teen enige vorm van geweld, ondersteun nou skielik geweldadige protes aksie in die VSA ten volle; vanaf ‘n veilige afstand op sosiale media ten minste

Fedup ·

Some people love to feel offended because it makes them feel important. When your only tool is a hammer, suddenly every problem starts to look like a nail. And when the only time they feel relevant is when they “claim” to be offended, suddenly everything looks offensive.

JohanR ·

When White Farmers Lives begin to matter in South Africa then Black Lives Matter will begin to matter to me…..

Harry ·

Ek wonder net oor hierdie veldtog. Dit gebeur in die VSA. Die demokrate stuur af op die grootste pakslae in die verkiesing in November.
Wie hits dit aan? Dit word wereld wyd versprei deur CNN (baie sterk ondersteuner van die demokrate).

Lees tussen die lyne. Dit pas om mnr Trump onder druk te plaas. Sulke optrede het gebeur tydens die demokrate se bewind. Nie veel daaraan gedoen nie.
Ons is dalk groot sotte om betrokke te raak.

Pappa Beer ·

Hierdie regering moet eeder hulle stil hou oor rassisme. As ek dif nie mis het nie is SA die enigste land waar “affirmative action” gebruik word om die meerderheid te bevoordeel. Asof dit nie genoeg is nie is BBE ingebring om blankes verder te vertrap en dan later BBBEE. Hoeveel BBBEEEBBEEBB’s is nog nodig om n einde te maak aan hierdie “kruk” waarop daar gesteun word? Magtig man, na meer as 25jaar moet jy darem al jou agterstewe kan lig om iets vir jouself te kan doen. Dis te maklik om jou onkunde en luigat te blameer op Jan van Riebeeck en apartheid sodat als vir jou op n skinkbord gegee kan word, en selfs dan neuk jy dit op.

daniel ·

As hulle nie blind is nie sou hulle by hierdie tyd geleer het dat China nie die vriend is wat hulle gedink het hy is nie.

Robert ·

erens het ek gelees dat die Chinese , dinastieë tot 600jaar vooruit beplan. kan ons iets daaruit leer? kan ons sover vooruit dink. wat as ons nou ander planete gaan begin beset? wat gaan dan van rasse word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.