Olifant-vergiftiging in Zim vandag ondersoek

Argieffoto

Argieffoto

’n Span kenners van regoor Zimbabwe sal vandag die Hwange-natuurreservaat besoek om te bepaal of nóg diere deur sianiedvergiftiging bedreig word. Dit volg nadat 64 olifante en verskeie roof- en aasdiere in die park weens sianiedvergiftiging gevrek het.

Stropers het vermoedelik van die soutpanne in die reservaat vergiftig om olifante wat weens die sianied vrek, se ivoor te buit. Olifante was egter nie die enigste slagoffers nie. Talle roof- en aasdiere wat aan die olifant-karkasse begin vreet het, het ook gevrek. Na wat verneem word, is slegs 19 olifanttande tot dusver teruggekry.

Nege mense is reeds in verband met die voorval in hegtenis geneem. Anders as vorige berigte, ontken Zimbabwe vandag dat ’n Suid-Afrikaner by die stropery betrek word.

In ’n soortgelyke voorval twee jaar gelede in dieselfde reservaat, het nege olifante, vyf leeus en twee buffels ook weens sianiedvergiftiging gevrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

Kan die wese wat dit gedoen het nie maar self vd vleis inkry nie ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.